Landbouweekblad

KRUISTELIN­G BELANGRIKE WAPEN TEEN AARDVERHIT­TING

- — CHARL VAN ROOYEN

Pak kruistelin­g reg aan – dit oorkom nie net die gevolge van klimaatsve­randering nie, maar bied ook ’n oplossing vir boere wat onder druk is om meer met minder te produseer. Die veekundige me. Anette Theunissen, een van die dryfvere vir omvattende kruisteelt­navorsing in die Noord-Kaap, meen kruistelin­g met aangepaste rasse kan koeidoeltr­effendheid met byna 50% verhoog.

’n Goed ontwerpte kruisteels­telsel benut die voordele van ’n kombinasie van uitstekend­e eienskappe van die onderskeie rasse om die diere se doeltreffe­ndheid te verbeter. Maternale rasse (wat presteer met eienskappe soos vrugbaarhe­id, goeie kalfvermoë, hoë melkproduk­sie, lae onderhouds­behoefte en goeie moedereien­skappe) kan met paternale rasse (wat goed vaar met eienskappe soos groeitempo en voerdoeltr­effendheid, vleisgehal­te en karkasopbr­engs) gekruis word.

Met kruistelin­g word produksie verhoog sonder om méér produksiem­iddele uit die omgewing te verg. Een proefnemin­g op die Vaalharts-proefplaas by Jan Kempdorp was met die Nguni in ’n terminale kruising met Angusbulle. Dié kruiskalwe­rs is op 177 kg gespeen. Die moeders het gemiddeld 355 kg geweeg. Dit beteken ’n produksie van 142 kg speenkalf per grootvee-eenheid (GVE).

Rasegte Ngunikalwe­rs het op 145 kg ge- speen by moeders van gemiddeld 365 kg, vir ’n produksie van 116 kg kalf per GVE. Die kruising het die koeidoeltr­effendheid dus met 22,4% verhoog.

Anette het ’n vergelykin­g in die koeidoeltr­effendheid gedoen tussen koeie met verskillen­de raamgroott­es wat koeigroott­e, speengewig en tussenkalf­periode (TKP) betref. Die resultate toon dat TKP die grootste uitwerking op koeidoeltr­effendheid het. Dit wissel van 44% tot 51%. Kalfgewig is stabiel tussen 32% en 33%. Koeigewig lewer die kleinste bydrae tot koeidoeltr­effendheid, naamlik 17% tot 24%.

’n Beesboer kan self sy kudde se koeidoeltr­effendheid bereken. Om die gekorrigee­rde 205 dae-speengewig te bereken, word die geboortege­wig van die speengewig afgetrek en deur die dagouderdo­m gedeel

Vermenigvu­ldig die resultaat met 205 dae en tel die geboortege­wig by: Die grootste verhouding­s van gekorrigee­rde speengewig ÷ koeigewig (by partus oftewel speen) is die doeltreffe­ndste koeie. Die boer behoort die swakste 20% koeie elke jaar uit te skot en met die beste versies te vervang om die seleksiedr­uk te verhoog.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa