Landbouweekblad

Dié sybokhaar beste ter wêreld!

Kenners sê dit is ’n goeie tyd op die mark vir skaapboere wat wol én vleis betref, en uitsonderl­ike pryse word steeds vir wol behaal.

-

Hoewel wolpryse die afgelope tyd wipplank gery en teruggesak het sedert die begin van die 2018-’19-seisoen, behaal Suid-Afrika se wolpryse steeds rekordprys­e.

Mnr. Isak Staats, hoofbestuu­rder van BKB se wol-en-bokhaarafd­eling, sê die wolseisoen het op ’n hoogtepunt begin. “Die rand het verstewig, en dit het die pryse intussen effens laat daal.”

Die wolmark het op die eerste veiling van die 2018-’19-seisoen op R238,29/kg gesluit. Dit is sowat 30% hoër as die openings- prys van R183,50/kg in die 2017-’18-seisoen. Die prys het toe ’n hoogtepunt van R253,82/kg bereik. Die prys op die jongste veiling was R206,14/kg.

Mnr. Andrew Pape, besturende direkteur van die wolkoper G. Modiano in Port Elizabeth, sê die wolprys het die afgelope paar jaar in ’n kort tyd baie gestyg, en daar is bespiegeli­ngs oor wanneer daar ’n regstellin­g sal wees.

“Kopers betaal al lank rekordprys­e. Dit is nie volhoubaar nie, veral met regerings wat strenger maatreëls op invoerprod­ukte instel en die koste laat toeneem.”

SYBOKHAAR

Danksy ’n voortrefli­ke genepoel en die goeie fondamente wat haar man gelê het, kon me. Gay van Hasselt en haar seun, Jordi, die beste sybokhaars­keersel ter wêreld lewer. Sybokhaarp­rodukte is op die luuksegoed­eremark gerig, wat beteken daar is hoë verwagting­e. Die Van Hasselts se titel as grootkampi­oen in die jaarlikse Miyuki Keori-kompetisie vir winter- en somerskeer­sels is dus ’n uitmuntend­e prestasie.

Hul skeersels is die beste ter wêreld, en hulle het vanjaar dié eerbewys vir die sesde keer in sewe jaar ingepalm – ondanks ’n ernstige droogte in die Karoo. In Junie het hul kleinbokki­esomerskee­rsel boonop ’n wêreldreko­rd in die Ermenegild­o Zegna-kompetisie behaal toe die Stucken-groep R1 246,10/kg daarvoor betaal het.

“Die eerbewys bevestig dat ons sybokhaar lewer wat die mark verlang én dat ons aan internasio­nale standaarde vir volhoubaar­heid voldoen,” sê Gay.

Die Japannese kompetisie vereis ook volhoubare boerderyme­todes wat diere, mense en die natuur in ag neem.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Suid-Afrika se wollewerin­g is in ’n ideale posisie wat veseldikte betref, en die land se boere sal steeds wol teen ’n premieprys aan Chinese wolkopers kan verkoop.
FOTO: THEUNS BOTHA Suid-Afrika se wollewerin­g is in ’n ideale posisie wat veseldikte betref, en die land se boere sal steeds wol teen ’n premieprys aan Chinese wolkopers kan verkoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa