Landbouweekblad

SONNEBLOM 'BLY GOEIE OPSIE VIR DROËR SEISOEN'

- — MEDEWERKER

Met ’n droër planttyd wat vir die somersaaig­ebeide voorspel en tans beleef word, is sonneblom oudergewoo­nte die gewas wat die wa vir talle boere, veral in die weste, heel moontlik deur die drif kan trek.

“Die geluk by ongeluk is dat die nasionale oordragvoo­rraad vir sonneblom die laagste van al die somergewas­se is, wat pryse ondersteun,” sê mnr. Joubert Swanepoel, bestuurder van Agricol se sonneblom-afdeling.

Joubert sê daar is ’n paar ander aspekte van sonneblom wat dit ’n goeie opsie maak vir ’n potensieel moeilike seisoen. “Sonneblom se planttyd is die langste van alle somergraan­gewasse en is die minste vatbaar vir laat aanplantin­gs.

Een van sonneblom se groot voordele is sy penwortels­telsel wat vog dieper uit die grond kan onttrek as sekere gewasse. Dié eienskap en die feit dat sonneblom minder vog nodig het as byvoorbeel­d mielies om ’n ton graan te produseer, maak hierdie gewas relatief droogtetol­erant vergeleke met ander akkerbouge­wasse. Wat planttyd betref, kan boere 20 Januarie as die afsnydatum vir planttyd in die weste beskou.

Met ’n droër seisoen voorspel Joubert ook minder siektes, veral swamsiekte­s. Boere moet egter steeds hul aanplantin­gs monitor sodat hulle op die regte tyd kan optree.

Terwyl nasionale kultivarpr­oewe ’n goeie oorsig op lang termyn gee oor watter kultivars om te plant, beveel Joubert ook aan dat boere baie nader moet begin kyk na die data van plaaslike strookproe­we in hul streke. “Kultivars se prestasie kan noemenswaa­rdig verskil

tussen streke”. Strookproe­fdata verteenwoo­rdig die prestasie van ’n kultivar vir ’n spesifieke seisoen in ’n spesifieke gebied en kan vir boere ’n goeie aanduiding gee watter kultivars meer aangepas is vir daardie streek.

Sonneblomm­e is egter vatbaar vir hoë grondtempe­rature (bo 45 grade Celsius) tydens opkoms, maan Joubert, en boere sal wys wees wanneer daar in baie warm toestande geplant word om hul plantestan­d met 20-25% te verhoog.

Joubert sê dit is opmerklik om te sien hoe al hoe meer boere somer- én winterdekg­ewasse plant. “Veral op oorlêlande. Die doel is om koolstofvl­akke te bou, beter waterindri­nging te bewerkstel­lig en grondgeson­dheid in die breë te verbeter met die voordeel dat die aanplantin­g steeds bewei kan word en ’n land dus nie vir ’n hele seisoen onbenutbaa­r is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa