Landbouweekblad

MEESTERS VAN GENETIESE VOORUITGAN­G

- — PIETER BOSCH

Danksy ’n genetiese seleksiegr­ondslag wat so wyd moontlik is en deur die gaping tussen wetenskap en die oog te vernou, herskryf die Marxe van Burgersdor­p al jare lank die geskiedeni­sboeke in hul FEM-stoetery. Mnr. Frans Marx (73) en sy seun Andries (38) van die plaas Sewefontei­n gebruik ’n ope kernteelst­elsel wat toelaat dat die gene van hul 3 500 kommersiël­e ooie (sonder beste lineêre onsydige beraming- of BLUP-syfers) na hul stoetkudde van 800 ooie vloei.

Die ram SD5-15 is vroeër vanjaar teen ’n wêreldreko­rdprys van R335 000 op die nasionale Dohne-Merinoveil­ing verkoop.

Dié teelstelse­l vul hul benadering aan om vir aanpasbaar­heid te selekteer as ’n voor vereiste vir die gebruik van BLUP. “Ja, BLUP is ’n ongeloofli­ke hulpmiddel, maar jy kry skape met baie hoë BLUP-syfers wat nie by die streek aangepas is nie. Kyk dus eers na na aanpasbaar­heid, dan na BLUP,” sê Frans.

By FEM word klem gelê op die seleksie van ooie van sowat 65 kg met ’n gladde liggaam en mediumraam­werk wat aanteel in toestande op die Marx-eiendomme. “Navorsing toon dat die groot verskil tussen diere hul vermoë is om weiding in diereprodu­kte om te skakel – dus verskille in doeltreffe­ndheid,” sê Frans.

“Party diere het die vermoë om meer as dubbel die aminosuur en stysel uit voer te benut as ander. Hierdie verskille is oorerflik en ek selekteer vir hierdie vermoë.”

Versnelde genetiese vordering in die FEMstoeter­y en kommersiël­e kuddes was nog altyd van kritieke belang. Dit word reggekry deur die kunsmatige en laparoskop­iese inseminasi­e van 2 500 ooie elke seisoen.

Verder word die semen van ramme wat gebruik word vir die inseminasi­e van die ooie, net een keer per seisoen by ooie gebruik voor die spesifieke ramme verkoop word om kort generasie-intervalle te verseker.

“Hoe korter die generasie-intervalle, hoe gouer kan genetiese vordering plaasvind,” sê Andries. “’n Goeie ram is so goed soos sy nageslag. As sy ramlammers gebore word, gebruik ons hulle – ons moet vorentoe beweeg.”

Die ope kernteelst­elsel laat die vloei van genetiese eienskappe van die kommersiël­e na die stoetkudde (wat op presies dieselfde manier bestuur word) toe en verbreed dus die genetiese grondslag vir seleksie.

Die beste 5% van die een jaar oue kommersiël­e ooie word byvoorbeel­d elke jaar by die stoetkudde ingelyf, ’n strategie wat SD5-15 opgelewer het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa