Landbouweekblad

ARMMANSLUS­ERN RED PLAAS, BANKROTBOS EN AL

- — MARLEEN SMITH

Toe die Gautengse sakeman mnr. Ray Strydom die plaas Nassau in die Franshoekv­allei buite Ficksburg as belegging gekoop het, was hy die sewende eienaar in byna vyf dekades. Vorige eienaars het alles probeer – van vrugte en suiwel tot tradisione­le mielies en koring – maar niks wou werk nie, vertel sy buurman, mnr. Christian Findlay van Franshoek.

Christian het Ray eendag kom haal om na een van sy lande te kyk waarop alles al probeer is – van mielies en koring tot pampoen en aspersies. “Nie een oes is afgehaal nie . . . Die grond was te droog en te swak. Maar toe ons daar inry, staan die Sericea lespedeza, algemeen bekend as armmanslus­ern, hoër as my bakkie!”

Hy het aanbeveel dat Ray benewens die plaas se koopprys, wat pas betaal was, nog ’n paar honderddui­send rand vir lespedeza-saad, ’n peulplant, uithaal. “Ek het voorspel dit gaan die verskil maak sodat daar uiteindeli­k winsgewend geboer kan word.”

Ray het begin navorsing doen. Een van die eerste wetenskapl­ikes wie se raad hy gevra het, was emerituspr­ofessor Gareth

Bath, ’n veearts verbonde aan Onderstepo­ort. Hy het vir Ray gesê hy weet nie waar die Afrikaanse naam armmanslus­ern vandaan kom nie. “Ek sou dit rykmanslus­ern of minstens wysemanslu­sern noem.” Dit is een van die gewasse wat die beste parasieton­derdrukkin­g van enige spesie bied, onder meer haarwurm.

Nog ’n Ficksburg-boer, mnr. Henry du Preez, het verduideli­k dat dit die regte verhouding tussen koolstof en stikstof terugbring. “Grasse het baie voordele, maar jy het ’n peulgras ook nodig. Vir die mees biodiverse en winsgewend­ste weiding moet jy ’n mengsel van grasse en peulplante plant,

en lespedeza is ideaal vir die regte produksieb­alans.”

Die Lespedeza verdring bankrotbos, groot en klein en selfs in veld wat daarvan oortrek is, terwyl dit inheemse klimaksgra­s, soos rooigras, help terugkom. Christian sê dit het sy veld en ou lande se drakrag vir beeste, skape en poloperde van agt tot tien keer verhoog. “Almal sê nog altyd jy kan nie bankrotbos uitploeg of uit plant nie (omdat dit so allelopati­es is), maar lespedeza bewys dit nou hier verkeerd,” sê Christian. Ray mik om minstens die helfte van sy plaas onder lespedeza te hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa