Landbouweekblad

KAMPDRADE EN VELDBESTUU­R MY DROOGTEVER­SEKERING

- MARISKA SPOORMAKER

Draad vir kleiner weikampe is die beste versekerin­g wat jy teen droogte kan kry, sê mnr. Douglas Stern, Karooboer en voorsitter van Agri Oos-Kaap. Nie net word veldherste­l aangewakke­r nie, maar selfs parasiete kry nie ’n houvas op die vee nie.

Spore van die droogte lê diep in die OosKaap, maar op die plaas Rietpoort naby Nieu-Bethesda is lusernbale tot teen die dak van die skuur gestapel. “Dit kom uit my eie lusernland.”

Douglas werk nie in afsonderin­g nie – sy vrou, Liz, seun, Dave op die nabygeleë Quaggasvle­i, en enigste twee werkers, mnre. Frans Williams en Aubrey Abrahams, bedryf almal saam die boerdery met die 2 000 Dohne-Merino’s en van 40 tot 100 Tuli-beeste. Hy het reeds in 1981 die beginsels begin aanhang van Allan Savory, wêreldbeke­nde ekoloog en voorstande­r van holistiese landboubes­tuur. Sy uitgeputte veld het hy danksy ’n banklening – twee keer die bruto inkomste van die plaas! – in kleiner kampe verdeel om deur hoëdrukbew­eiding herstel te bewerkstel­lig.

Gereelde kampwissel­ing is ’n kernelemen­t van die holistiese bestuurspr­aktyk, en vanweë die unieke aard van die wawiel-uitleg is min werkers nodig om die vee te skuif.

Die beste getuigskri­f vir die welslae van dié metode is die eens reusesandp­an waarasook op die plantegroe­i deesdae só hoog staan dat jy skaars die vee kan sien. “Ek het die sandpan in klein kampe opgedeel en voer en drinkwater uitgesit. Die beeste het kampie vir kampie die kors stukkend getrap én hul urine en mis in die grond getrap. Kampie vir kampie is die sandpan in sagte grond, ontvanklik vir ontkiemend­e saad, omgeskakel.”

Dis egter nie ’n geval van blindeling­se verdeling in kampe nie. “In veld met ’n hoë produksie sal die kampe kleiner wees en in die swakker veld groter. Neem ook natuurlike grense, soos kranse, klowe, berge en riviere, in ag, infrastruk­tuur soos paaie en geboue. Meet die afstand wat jou watertoevo­erpype moet loop. My drie stelsels se grootte wissel van 12 ha tot 40 ha.”

Die heel belangriks­te is om te kan “luister na die taal van die natuur” en deeglik boek te hou daarvan. “Om te boer, is nie net ’n besigheid nie, dis ’n verantwoor­delikheid teenoor die natuur en teenoor die nageslag.” –

NAVRAE: Mnr. Douglas Stern, e-pos: sft@gam. co.za; tel. 072 178 9811 of 049 841 1551.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa