Landbouweekblad

‘GRONDWET NIE DIE PROBLEEM’

- —AMELIAGENI­S

Korrupsie, burokrasie en die Regering se aandrang om markwaarde of meer vir grond te betaal moet die skuld kry vir die onaanvaarb­aar stadige pas van grondhervo­rming, sê die grondwetke­nner adv. Tembeka Ngcukaitob­i.

Al hoe Suid-Afrika ’n volhoubare toekoms kan hê, is as grondhervo­rming deur die Grondwet gedoen word. Dit sal verseker dat die proses billik is, nie arbitrêr geskied nie, en burgers hulle op die regstelsel kan beroep, was sy uitspraak vroeër vanjaar toe die gronddebat op sy felste gewoed het. “Die Grondwet is die enigste manier om uit die eiendomstr­ik te kom omdat dit onmoontlik is om ’n uitweg te kry deur die arbitrêre nukke van politici.”

Daarvoor is instelling­s nodig wat in die Grondwet verskans word. Grond kan net volhoubaar herverdeel word as dit deur die regsproses gedoen word.

Tembeka het gesê mense moet onthou nou is dit dalk wit mense wie se grond vervreem word, maar in die toekoms kan dit wat mense nou meen ’n progressie­we manier is om die

grondkwess­ie op te los, wéér swart mense van grond ontneem.

Hy het gesê Suid-Afrika moet eers die bepalings van die Grondwet ten volle in werking stel voordat gesê kan word die Grondwet belemmer grondhervo­rming.

“Die Grondwet is ’n radikale dokument. Ons moet ten minste oor een ding saamstem, en dit is dat grondhervo­rming deur die regstelsel moet plaasvind om te voorkom dat arbitrêre besluite geneem word, om seker te maak die proses word nie deur elite gekaap nie en om toe te sien dat diegene wat onteien word, hulle op die reg kan beroep.”

Tembeka was reeds betrokke by hofgedinge oor Nkandla, die “fees must fall”-beweging en staatskapi­ng.

Sy boek The land is ours: South Africa’s first black lawyers and the birth of constituti­ona

lism handel oor Suid-Afrika se eerste swart prokureurs en hul verbinteni­s tot ’n grondwetli­ke stelsel wat individuel­e regte en vryhede eerbiedig. Hulle het gepraktise­er in ’n tyd dat swart mense hul rykdom verloor het toe hulle van hul beeste moes ontslae raak nadat hulle die meeste van hul grond verloor het.

Die prokureurs het die wet as ’n instrument teen onreg gebruik. Hy gebruik húl geskiedeni­s om in die huidige atmosfeer van agterdog teenoor die Grondwet en sy beskerming van die regte van individue te wys dat die vryheidstr­yd ondersteun is deur konstitusi­onalisme en regsreëls.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa