Landbouweekblad

SNYPUNTTEG­NOLOGIE INGESPAN VIR VEILIGHEID IN NOORDWES

- — PIET VAN HEERDEN

Schweizer-Reneke se wakker veiligheid­snetwerk wat uit drie noodgroepe van 1 000 lede elk bestaan, werk onverpoos om dié beleërde Noordwes-dorp van misdaad te bevry. Buiten voorkomend­e maatreëls soos patrollies te voet, per motorfiets en ander voertuie, kameras, vastevlerk­vliegtuie en helikopter­s, is daar nou ook ’n hommeltuig en radiometri­ese kamera met gevorderde nagsigtegn­ologie gevoeg.

Mnr. Pierre van de Venter, veiligheid­skoördinee­rder in die distrik, sê om die beperkinge – en koste – van vliegtuie en helikopter­s te omseil, is besluit om die beste nagsigtegn­ologie op die mark aan te skaf. “Dit is gevaarlik om in die nag te vlieg omdat kragpale, drade en hoë voorwerpe noodlottig kan wees, veral wanneer jy laag moet vlieg om iemand op te spoor.”

Sonder omhaal is meer as R360 000 ingesamel en het maande lange navorsing gevolg om die beste aankoop moontlik te maak. “Omdat hommeltuie al hoe doeltreffe­nder word namate tegnologie ontwikkel, het ons letterlik alles beproef. In dié stadium is dit die beste kombinasie van hommeltuig en kamerastel­sel wat op die mark beskikbaar is,” sê Pierre. “Die kamera is eintlik belangrike­r as die hommeltuig.”

Die Zenmuse XT640 is ’n termiese kamera wat hittebeeld­e opspoor. “Dit gebruik nie konvension­ele nagsigtegn­ologie nie. Dit is radiometri­es, wat beteken die gebruiker kan dit verstel vir verskillen­de temperatur­e en beeldopsie­s. Dit bespoedig enige veldtog omdat sekere beelde, soos warm voertuigen­jins en klippe, outomaties uitgeskake­l word en is veral van uiterste belang waar ons soek na mense wat ontvoer word, of verdagtes wat wegkruip.”

Die stabiele roteeras verseker duidelike kamerabeel­de wat nie beïnvloed word deur die beweging van die hommeltuig in winderige toestande nie.

Twee mense is nodig om die hommeltuig – die Matrice 200 van DJI – te beheer. Terwyl een mens die vliegwerk doen, is ’n tweede in beheer van die kamera omdat die kamera onafhankli­k van die hommeltuig kan “rondkyk”. Hierdie funksie is veral doeltreffe­nd omdat die hommeltuig ’n sekere gebied kan fynkam, terwyl die kamera ’n 360 grade-gebied kan dophou terwyl die hommeltuig heen en weer vlieg. Die hommeltuig het boonop ’n volgaksie, waartydens dit iemand kan volg wat ge-tag is. “’n Mens kan ook die hommeltuig ’n vasgesteld­e roete gee en as ’t ware patrolleer sonder om te oorvleuel waar hy reeds gevlieg het.”

Sensors waarsku die hommeltuig teen voorwerpe soos bome, kragdrade of geboue.

“Gemeenskap­sveilighei­d is ’n kombinasie van samewerkin­g en die betrokkenh­eid van boere by ’n omvattende veiligheid­splan. Dit moenie ’n verskoning wees vir enigiemand om sy waaksaamhe­id te verslap nie.”

NAVRAE: Mnr. Pierre van de Venter, sel 083 257 6404.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa