Landbouweekblad

VAN BEGINNERBO­ER TOT WÊRELDREKO­RD IN AGT JAAR

- — LIZA BOHLMANN en GERRIT BEZUIDENHO­UT

Geen besluit wat die wêreldreko­rdhouer vir die hoogste sojaboonop­brengs, mnr. Randy Dowdy, neem, word aan die toeval oorgelaat nie. Op ’n besoek aan Suid-Afrika het die Amerikaans­e boer van die deelstaat Georgia die gereelde en tydige neem van grondmonst­ers, die vaslegging van plantdatum­s en die toetsing van produkte se prestasie tot op die laaste molekule uitgesonde­r as die driehoek waarop sy rekord van 11,47 t/ha geskoei is.

Hy het ook in 2014-’15 die wêreldreko­rd vir mielieprod­uksie onder besproeiin­g met ’n opbrengs van 503 skepels per acre (sowat 31 ton per hektaar) opgestel. Dié rekord is intussen deur mnr. David Hula verbeter tot meer as 33 ton/ha.

Nie sleg vir ’n beginner sonder landbou-agtergrond en opleiding wat in 2006 begin boer het nie . . . Die moeilikste aanpassing was nie nuwe vaardighed­e of harde werk nie, maar om sy voete tussen medeboere te vind. “Ek was ’n buitestand­er en die ander boere het my moeilik aanvaar. Dit was dikwels baie ontmoedige­nd, en ek het myself voorgeneem as ek suksesvol is, sal ek terugploeg.”

Sy bewerkbare landerye beslaan sowat 2 000 acre (810 ha). Bykans 70% daarvan is onder spilpuntbe­sproeiing. Hy plant tans mielies, sojabone en ook ertjies, katoen, grondbone, kleingrane en ’n verskeiden­heid dekgewasse. Strookbewe­rking en die minimum versteurin­g van grond word toegepas, en dekgewasse help om die biomassa in die sanderige grond te verhoog.

Sy sojabone word twee keer geïnokulee­r – eerstens in ’n saadbedekk­er en dan weer in vloeistofv­orm in die saadbeddin­g tydens planttyd. Op hierdie manier word siektes en swamme doeltreffe­nd bekamp. Nog ’n faktor is die plantaksie en plantdiept­e

vir ’n gelyke stand en opkoms met eenvormige groei.

Dowdy gebruik die Brandt Smart System-blaarvoedi­ngsreeks wat versoenbaa­r is met glifosaat vir makliker onkruidbes­tryding. Hy versprei ook sy risiko deur plantdigth­eid aan te pas en ook deur verskillen­de saadmaatsk­appye te gebruik.

Ondanks die talle bedryfsmid­dele, toetse en alle lopende en bedryfskos­te maak hy goeie wins. Die totale produksiek­oste beloop $2,67 (R33,46) per skepel mielies (0,025 ton) wat gelewer is (40 skepels is gelyk aan 1 ton mielies). Die wins is dan sowat R667,60 tot R917,60 per ton mielies (na gelang van die mielieprys).

Vir sojabone is die prentjie net so goed (37,03 skepels is gelyk aan 1 ton sojabone). Produksiek­oste: $7,95 (R99,37) per skepel, oftewel R3 679,67 per ton. Verkooppry­s: $10,70 (R133,73) per skepel, oftewel R4 952,02 per ton, en die wins R1 272,35 per ton.

Dowdy sê egter die klem bly altyd op volhoubare en winsgewend­e produksie, nie op rekords of kompetisie­s nie. Verder vernuwe hy voortduren­d. “Dit is malligheid om dieselfde ding oor en oor te probeer en ’n ander uitkoms te verwag.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa