Landbouweekblad

KEN JOU PLEK IN DIE MARK

- — LUCILLE BOTHA

Skop vir jou ’n besliste plek oop in die mark, en luister dan na daardie einste mark se behoeftes. Dís die sleutel tot mnr. Warrick Barnard, mede-eienaar van Woody Cape Wildlife naby Salem en nasionale Wildboer van die Jaar, se sukses as wildteler. Hy ding mee in die boonste vlak van die mark – en wil hê Woody Cape moet die voorkeurbe­stemming wees vir mense wat die heel beste buffelmate­riaal in die land wil bekom.

Dit kan gedoen word deur jare se teling of deur aggressief die waardevols­te teelmateri­aal aan te skaf.

“Dis nie onmoontlik om dit sonder kapitaal reg te kry nie, maar dit gaan baie langer duur. Jy sal baie strenger moet selekteer om die teelmateri­aal uit te krap as wat ouens met kapitaal vinnig kan verkry.”

Dis belangrik om nie tussen twee markte vas te val nie. Bestee jou kapitaal aan diere wat jou sal help om jou doel te bereik. “Dis ’n goeie bemarkings­model wat sal verseker dat jy finansieel stabiel en volhoubaar is.”

Om teelmateri­aal aan te skaf is maklik, maar om resultate voort te bring, moet jy goeie kombinasie­s kan vorm en die diere doeltreffe­nd bestuur.

Sy wenresep is om 50 duim-bulle by koeie te sit wat voortsprui­t uit 50 duim-bulle. Warrick het sy bes gedoen om die beste Oos-Afrikaen Addo- (of ’n kruising) buffels in die hande te kry. “Die mark het gewys daardie bloedlyne verkoop teen beter pryse.”

Hy het ook rekords in besonderhe­de bestudeer. “Ek wil weet die gene is sterk en sal iets bydra tot ons kudde.”

Toe hy uiteindeli­k uitgewerk het waar die sterk gene te vinde was, was dit tyd om die beursie oop te maak.

Hul “vlagskip”-bul is Sidima, ’n sewe jaar oue bul met ’n horingspan van 52 3,8 duim.

Sy eie rekordhoud­ingstelsel, waarvoor hy GMS Africa gebruik, is waterdig. “Ons het ook ons eie data-aantekenin­gstelsel op sigblaaie. Ek wil weet dat daar ’n sterk bloedlyn is. Daarna kyk ek ook na die dier self, hoe sy horingleng­te met sy ouderdom vergelyk, konformasi­e raak belangrike­r (in die verlede het die ouens dikwels net na die horingleng­te gekyk), tussenkalf­periodes, gesondheid­saspekte, haarbedekk­ing . . . Dit raak baie strenger as in die verlede.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa