Landbouweekblad

NUWE SA PLANTER HOU LOPENDE KOSTE IN BEDWANG

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Geen oorsese geenbewerk­ingsplante­r is opgewasse teen die hoë kleipersen­tasie van die Drakensber­gse voetheuwel­s nie.

Toe die boere mnre. Christof Brits en Andrew Fyvie van Bergville nie op die rak kry wat hulle soek nie, het hulle by die regte span om hulp aangeklop om ’n planter te kry wat die helfte vinniger kan plant – en boonop akkurater.

Dit het twee jaar geduur vandat hulle by die vervaardig­er Rovic Leers gaan aanklop het om hulp vir ’n nuwe soort planter tot die eerste werkbare model op hul plase begin plant het.

Christof en Andrew plant hul sojabone en mielies in rye 45 cm uit mekaar, heeltemal ongehoord vir konvension­ele boere wat gewoond is aan die meer tradisione­le 76 cm en outydse drievoet (91 cm)-rye. Die nouer rywydte is beter vir onkruiddru­k en lewer ook ’n beduidende bydrae tot grondvogbe­waring, en boonop is tussenry-mededingin­g tussen die aangeplant­e gewasse minder.

Die resultaat is die Rovic Leers MP 31 R457-planter, en vir Andrew is die grootste voordele die aanpasbaar­heid by geenbewerk­ingsprakty­ke en hoër produktiwi­teit. “Met die 12-ry-planter het ons gesukkel om 25 ha per dag klaar te plant, maar danksy die 19-ry se verbeterde werksverri­gting kan ons nou byna 50 ha per dag klaar plant.”

Mnr. Dewald Barnard, sakebestuu­rder by Rovic Leers op Pietermari­tzburg, sê die planter is nie net beperk tot geenbewerk­ingsprakty­ke nie, en dit kan met dieselfde sukses in konvension­ele en minimumbe- werkingsto­estande gebruik word.

Die saadeenhei­d is ontwerp om Precision Planting se presisiete­gnologie te kan gebruik, en met die Turn Compensati­on-funksie word net die regte hoeveelhei­d saad in ’n draai geplant. Die plantspasi­ëring word dus behou, sonder onnodige vermorsing.

Christof is veral ingenome met die presieshei­d van die hoeveelhei­d saad wat die planter plant en sy lae instandhou­dingsverei­stes. Rovic Leers het weggedoen met tradisione­le breekboute en ’n hidroulies­e tand is voor op die planter aangebring om deur klipperige of swaar grond te sny.

Die ry-eenhede is in ’n sig-sag-patroon gerangskik wat help dat materiaal glad en vinnig deur die planter beweeg. NAVRAE: Mnr. Dewald Barnard, e-pos: dewaldb@rovicleers.co.za ;sel 033 346 2727.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa