Landbouweekblad

Sojabedryf onstig oor invoer

- — ALANI JANEKE

’N MAATSTAF om plaaslike soja-oliekoek teen internasio­nale standaarde te meet, en ’n oliekoek-termynkont­rak op die JSEmark vir afgeleide kommoditei­te, was onder die stappe wat op ’n onlangse werksessie van die sonneblom-en-sojaboonfo­rum ter sprake gekom het.

Groei in die bedryf het die afgelope vyf jaar tot gevolg gehad dat plaaslike produksie verdubbel het, terwyl die verwerking van plaaslike sojabone aansienlik toegeneem het. Dit het gelei tot ’n verbeterin­g in die handelsbal­ans met ’n aansienlik­e daling in Suid-Afrikaanse oliekoekin­voer. Oliekoek word egter steeds ingevoer. Daarom is die werksessie gereël om bottelneks­ituasies in en ’n toekomsstr­ategie vir die bedryf te bespreek.

Die Proteïenna­vorsingsti­gting (PNS) sê in ’n verklaring ’n maatstaf wat internasio­nale standaarde en gehaltebeh­eer in ag neem, sal tot eenvormigh­eid in die bedryf en die betroubare voorsienin­g van sojabone bydra. Dit sal ook die bedryf in staat stel om meer inligting te bekom en ontwikkeli­ng ten opsigte van gehalte aan te pak, asook om spoor- en uitvoermar­kte te skep.

DEURSIGTIG­HEID

Om beter deursigtig­heid op die sojaboonma­rk te ontwikkel, is die bedryf besig om ’n oliekoek-termynkont­rak te ontwikkel wat as deel van JSE se mark vir afgeleide kommoditei­te (Safex) gelys sal word.

“Dit sal die kopers en verkopers van oliekoek die geleenthei­d bied om plaaslike oliekoek volgens plaaslike toestande te verskans, wat tot deursigtig­heid op die oliekoekma­rk sal lei. Die fisieke lewering van dié kontrakte was tot nou toe ’n probleem. Dit moet gepak word voor die kontrak gelys kan word,” luidens die verklaring.

Die Suid-Afrikaanse bedryf se verwerking­svermoë is 2,1 miljoen ton. Teen 80% benutting beteken dit ’n parsvermoë van 1,68 miljoen ton. Die volle vetvermoë is 450 000 ton (360 000 ton teen 80% gebruik). Gegewe die afgelope jaar se toename in produksie is dit nog voldoende vir die volgende twee tot drie jaar.

STRUIKELBL­OKKE

In die afgelope twee produksiej­are het sojaboonpa­rse verskeie probleme ondervind, wat hul parsvermoë ernstig benadeel het. Die vooruitsig­te vir die nuwe produksiej­aar is egter gunstig. Verskeie van die belanghebb­endes meen die parsvermoë kan veral in die westelike dele van die land uitgebrei word. Die Departemen­t van Handel en Nywerheid het gesê bestaande aansporing­skemas bied geleenthed­e vir verdere uitbreidin­gs.

Kommer heers egter oor plaaslike infrastruk­tuur, met beurtkrag en beperkings wat toegang tot water betref. Dit laat produksie tot stilstand kom en lei tot groot verliese. Uiteindeli­k raak dit parsvermoë en verwerking. Luidens die verklaring is beter infrastruk­tuur nodig om ingevoerde oliekoek te vervang, veral in die kusgebiede.

“Om oliekoek van Argentinië af per skip in te voer, kos $30/ton, terwyl die plaaslike vervoer van sojabone en/of soja-oliekoek van binnelands­e produksieg­ebiede na die Wes-Kaap meer as $55/ton kos.”

VEEVOER

Veevoerver­vaardigers het hulle weer daartoe verbind om plaaslik geprodusee­rde produkte te gebruik, maar hulle het aangedui dat die kusgebiede altyd ’n probleem sal bly weens mededingin­g met invoer. In dié verband sal ’n Suid-Afrikaanse norm vir oliekoekge­halte opgestel en gepublisee­r word om die gehalte van plaaslike oliekoek te bestuur en te koördineer.

Mnr. De Wet Boshoff, uitvoerend­e hoof van die Vereniging vir Veevoerver­vaardigers (Afma), het op die vergaderin­g gesê aangesien die sojaboonbe­dryf die hoeksteen van talle ander bedrywe is, is dit belangrik om groei in die bedryf te verseker. “Dit is tyd om ’n plan vir die totale waardekett­ing te ontwikkel om bykomende waarde vir verbruiker­s te skep.”

Daar is besluit om vroeg volgende jaar ’n indaba vir die graan- en oliesaadwa­ardekettin­g te hou om ’n vyfjaarpla­n vir die bedryf saam te stel.

Onder die belanghebb­endes wat die vergaderin­g bygewoon het, is Afma, die Suid-Afrikaanse Vereniging van Graan- en Oliesaadha­ndelaars (Sacota), Graan SA, die PNS, die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Kultivar- en Tegnologie-ontwikkeli­ng (Sacta), die Departemen­t van Handel en Nywerheid en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa