Landbouweekblad

Nuusoorsig 2018

-

AL het 2018 se mielie-oes nie verlede jaar se rekordopbr­engs van 17,6 miljoen ton gehaal nie, was dit steeds genoeg om pryse nog geruime tyd op uitvoerpar­iteitsvlak te hou. Volgens die laaste beraming van die Nasionale Oesskattin­gskomitee was die verwagte totale oes 12,9 miljoen ton.

Me. Rona Beukes, die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se verteenwoo­rdiger in die Nasionale Oeskatting­skomitee, het in November gesê dit lyk of die oes met sowat 400 000 ton oorskat is. Volgens mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousak­ekamer Agbiz, was dit egter steeds ver bo plaaslike verbruik van tussen 10 en 11 miljoen ton. Saam met die vorige seisoen se oordragvoo­rraad bring dit die surplus op meer as 7 miljoen ton te staan vir die bemarkings­jaar.

Tot 30 November is altesaam 1,627 miljoen ton mielies uitgevoer. Selfs al realiseer die voorgenome uitvoer tot einde Desember, sal dit nog onder 2 miljoen ton wees en die surplus kan pryse nog lank onder druk hou.

Op ’n vergaderin­g van die Mielieforu­m is bekend gemaak dat mielieboer­e verminder het van 7 562 in 2010 tot 4 399 vanjaar. Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, het dié afname toegeskryf aan gebrekkige winsgewend­heid en die ooraanbod. Die oorblywend­e boere beplant egter meer hektare per boer.

SOJA EN SONNEBLOM

Die verwagte sojaboonoe­s staan op 1,5 miljoen ton, die grootste tot nog toe. Dit oortref verlede jaar se oes van 1,3 miljoen ton – die vorige rekordoes. Die sonneblomo­esskatting staan op 857 000 ton.

Wat sojabone betref, het Suid-Afrika die bemarkings­jaar met die grootste oordragvoo­rraad in die geskiedeni­s (310 000 ton) begin. Ondanks dié surplus en persvermoë wat nie benut is nie, is 600 000 ton oliekoek die vorige seisoen ingevoer. Teen die einde van die jaar was gesprekke aan die gang om veevoerver­vaardigers aan te moedig om meer plaaslike sojabone te benut. Daarmee saam het die hoop opgevlam dat die Chinese mark weens die handelsoor­log met die VSA vir SA se sojabone kan oopgaan.

Nog ’n ontwikkeli­ng in die sojaboonbe­dryf was dat die geskil tussen die bedryf, die LNR en mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, oor ’n tegnologie­heffing tot voordeel van saadverska­ffers, nou bygelê is. Meer as R100 miljoen kan daardeur verkry word sodat plaaslike sojaboonbo­ere toegang kan hê tot die nuutste GM-tegnologie en teelmateri­aal.

Die tegnologie­heffing geld reeds in die koring- en garsbedryf, en die drie bedrywe sal gesamentli­k tot R1,5 miljard meer per jaar verdien weens opbrengsve­rhogings danksy beter beskikbare saad, het die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) in ’n ondersoek bevind.

KORING

In November het die vierde skatting vir 2018 se koringoes op 1,862 miljoen ton gestaan, teen ’n gemiddelde opbrengs van 3,7 t/ha. Daar is in Oktober en November net meer as 90 000 ton koring ingevoer, meestal vanuit Kanada. ’n Soortgelyk­e bedeling as in die mieliebedr­yf, waarvolgen­s handelaars agt weke vooruit van hul in- en uitvoervoo­rnemens verslag moet doen, tree waarskynli­k binnekort in werking.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa