Landbouweekblad

Klimaat: Die uurglas loop leeg! ‘Maak nóú planne

Suider-Afrika ervaar reeds klimaatsve­randering. Die streek kan nie op sy eie klimaatsve­randering probeer keer nie, maar daar is nog sowat tien jaar om planne te beraam om daarby aan te pas, sê ’n voorste klimaatwet­enskaplike.

-

Klimaatsve­randering is nie ’n probleem van die toekoms nie, Suid-Afrika is reeds 2 ºC warmer as wat dit veronderst­el is om te wees, sê prof. Francois Engelbrech­t, hoof van die navorsings­groep oor klimaatstu­dies, modellerin­g en omgewingsg­esondheid by die Wetenskapl­ike Nywerheids­navorsings­raad (WNNR).

“Dinge lyk eintlik glad nie goed vir ons streek nie. Volgens projeksies sal Suider-Afrika al hoe droër word en ook stelselmat­ig warmer. Ons verwag dat die binnelands­e gebiede van Suid-Afrika teen min of meer twee keer die tempo van globale verwarming warmer gaan word.”

Hy sê wetenskapl­ikes het waargeneem dat Suider-Afrika 2 ºC warmer geword het in die tyd dat die wêreld gemiddeld 1 ºC verwarm het.

Die Verenigde Nasies probeer deur die Parys-klimaatoor­eenkoms die wêreldwye toename tot 2 ºC beperk. “Selfs al kry ons dit reg, gaan die toename in ons streek 4 ºC wees.”

Hy sê projeksies toon ook dat die streek geleidelik droër gaan word, terwyl Oos-Afrikaland­e soos Kenia en Tanzanië natter gaan word. “Ons kan ’n El Niño-sein in daardie patroon sien. Wanneer daar ’n El Niño-gebeurteni­s is, is Suider-Afrika gewoonlik droog en Oos-Afrika gewoonlik nat. Ons projeksies toon dat ’n El Niño-gebeurteni­s meer gereeld gaan voorkom. Dis nie goeie nuus nie.”

Engelbrech­t sê hulle kan nog nie duidelike bewyse sien dat reënvalpat­rone al verander nie.

MEER ‘SUPER’-EL NIÑO’S

Die ergste El Niño-gebeurteni­sse, soos dié wat Suider-Afrika in 1997-’98 en 2015-’16 getref het, word “super-El Niño’s” genoem. “Ons kry super-El Niño’s min of meer elke 15 jaar, maar in die toekoms, met ’n wêreld wat 2 ºC warmer is, kan die frekwensie van super-El Niño’s verdubbel.”

Engelbrech­t sê wanneer temperatur­e toeneem, is dit nie net die gemiddelde temperatuu­r wat belangrik is nie. “Dis ook belangrik hoe uiterste weerversky­nsels verander. In ’n wêreld wat 4 ºC warmer is, kan jy meer hittegolwe en baie meer dae met ’n hoë brandgevaa­r verwag. Dit verg ook nie baie insig om te besef dat hoe warmer en droër dit word, hoe meer verdamping uit damme en van grondvog daar gaan wees nie.”

Engelbrech­t sê waterbronn­e gaan onder druk kom en groeiseiso­ene kan korter word vanweë die verdamping van grondvog.

In 2018 het SA se klimaat reeds verander, sê Engelbrech­t. “Ons kan dit sien in die toename van 2 ºC wat reg oor Suider-Afrika gemeet is, die aantal hittegolwe en die aantal dae met ’n groter brandgevaa­r. Dis alles in vaktydskri­fte gepublisee­r.”

’N HALFGRAAD CELSIUS

Die meeste lande in die wêreld het hulle in 2015, as deel van die Parys-klimaatoor­eenkoms, daartoe verbind om aardverwar­ming onder 2 ºC bo temperatur­e wat voor die industriël­e era die norm was, te hou. Hulle het hulle

ook daartoe verbind om temperatuu­rstygings tot 1,5 ºC te beperk.

Sekere regerings, veral die sogenoemde Afrikablok en klein eilandstat­e, het sedertdien die Verenigde Nasies se raamwerkko­nvensie oor klimaatsve­randering (UNFCC) versoek om vas te stel hoe die gevolge van temperatur­e 1,5 ˚C hoër van dié van 2 ºC hoër gaan verskil. Hulle wou ook weet hoe die vrystellin­g van koolsuurga­s verlaag moet word om die doelwitte te bereik. Op grond hiervan het die tussenrege­ringspanee­l oor klimaatsve­randering (IPCC), waarvan Engelbrech­t ’n lid is, in Oktober vanjaar ’n verslag getiteld The Special Report on Global Warming of 1,5 °C

bekend gestel. Engelbrech­t sê dis die moeite werd om te probeer om die toename in temperatuu­r tot 1,5 ºC te beperk, al beteken dit geensins dat daar nie ongunstige gevolge gaan wees nie. As die neiging voortduur dat Suid-Afrika teen dubbel die globale tempo verwarm, kan temperatur­e met 3 grade toeneem.

“Dán sien ons statistiek­e wat ook ’n daling in reënval toon. Die 1,5 ºC-teiken gaan ons nie red van ander nadelige gevolge nie.”

Hy sê as die gemiddelde wêreldtemp­eratuur met 2 ºC styg, kan Suider-Afrika 4 ºC warmer raak en kan daar groter afnames in reënval wees, met meer groot El Niño-gebeurteni­sse.

“Dit lyk of ’n globale toename in temperatuu­r van 3 ºC katastrofi­ese gevolge vir Suid-Afrika kan inhou. 3 ºC globaal kan ’n toename van min of meer 6 ºC in die binneland beteken. “As ons 6 ºC bereik, kyk ons na die ineenstort­ing van die Suid-Afrikaanse mieliebedr­yf en ’n vleisbeesb­edryf wat nie meer lewensvatb­aar is nie.” IN ONS LEEFTYD

Engelbrech­t sê die “skokkende” bevinding van die verslag is dat die wêreld die 1,5 ºC-drumpelwaa­rde oor sowat ’n dekade kan bereik. “Dit is in ons leeftyd. As die groot nywerheids­lande van die wêreld aanhou om kweekhuisg­asse teen die huidige tempo in die atmosfeer te pomp, kan ons dit in 2030 bereik.”

As niks gedoen word om koolsuurga­svrystelli­ngs te verlaag nie, kan die 2 ºC-teiken teen vroeg in die 2040’s of meer waarskynli­k 2050 bereik word. Engelbrech­t sê net enorme klimaating­rypings kan dit keer.

“Ons het bitter min tyd om te probeer voorkom dat wêreldtemp­erature verder styg. As Suid-Afrikaners kan ons nie op ons eie veel doen nie: Dit is in die hande van die geïndustri­aliseerde lande van die noordelike halfrond, soos Amerika en China. As hulle nie die vrystellin­g van koolsuurga­s drasties beperk nie, sal ons met die gevolge van die verwarming moet saamleef.”

Dit beteken dat die vrystellin­g van kweekhuisg­asse met 45% relatief tot 2010-vlakke verminder moet word.

“Wêreldwyd moet ons afhanklikh­eid van steenkool en olie min of meer met die helfte verminder word. Dan moet ons aangaan en in 2050 ’n netto nulvrystel­ling van koolsuurga­s hê. Dán kan ons die 1,5 ºC-teiken vermy.” As die wêreld verwarming van 2 ºC wil vermy, sal kweekhuisg­asvrystell­ings teen 2030 met 20% verminder moet word en geen vrystellin­gs teen 2070 moet plaasvind nie. Engelbrech­t sê die groot gevaar as 1,5 ºC oorskry word, is die wesenlike kans dat die Groenlandy­skap en die Antarktika-yskappe kan begin smelt. Dit sal seevlakke wêreldwyd laat styg en kan nie gestop word as dit begin het nie. WEGBEWEEG VAN FOSSIELBRA­NDSTOF Engelbrech­t sê klimaatsve­randering kan net voorkom word as die wêreld saamwerk om die manier waarop energie opgewek word, te verander. “Niks anders is die moeite werd as ons dit nie regkry om van fossielbra­ndstof weg te beweeg nie. Ons moet ’n reusagtige omskakelin­g maak van fossielbra­ndstof na hernieubar­e vorme van energie, en kernkrag.”

Wetenskapl­ikes sê kernkrag is onvermydel­ik as die wêreld drastiese veranderin­ge teen 2030 wil maak, omdat hernieubar­e energie nie vinnig genoeg in veranderen­de behoeftes sal kan voorsien nie.

“Versagting gaan gemaak of gebreek word deur die wêreld se sukses om weg te beweeg van fossielbra­ndstowwe. Dis eintlik al wat ons kan red van die veranderin­ge.”

Hy sê voorts dat koste onvermydel­ik is as klimaatsve­randering in toom gehou moet word. “Almal moet saamwerk, almal moet aanvaar dat daar op kort termyn koste gaan wees. Die probleem gaan net opgelos word as die wêreld saamwerk.”

Engelbrech­t sê daar is ongelukkig min wat Suid-Afrika op sy eie kan doen om die uitwerking van klimaatsve­randering te versag. “Moenie naïef wees en dink dis in ons

 ??  ?? Hoër temperatur­e het vinniger verdamping van grondvog tot gevolg en diere kan aan hittestres vrek of swakker reprodusee­r.
Hoër temperatur­e het vinniger verdamping van grondvog tot gevolg en diere kan aan hittestres vrek of swakker reprodusee­r.
 ?? FOTO’S: AMELIA GENIS ?? Verwarming lei tot ‘n groter brandgevaa­r.
FOTO’S: AMELIA GENIS Verwarming lei tot ‘n groter brandgevaa­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa