Landbouweekblad

SA se Pinotage-koning: Geen einde aan Beyers Truter se planne

‘Toe ek my hande in die grond steek en ek ruik daardie grond, tóé wil ek grond van my eie hê,’ vertel mnr. Beyers Truter, Pinotage-koning, dryfkrag agter Beyerskloo­f en wynbemarke­r van formaat. Beyerskloo­f het vanjaar sy dertigste bestaansja­ar gevier – me

-

In 1988 het mnr. Beyers Truter se droom van ’n eie plaas waar geword toe hy ’n advertensi­e in Eikestadnu­us gesien het van ’n plaas met ’n uitsig op Stellenbos­ch se Simonsberg. Saam met vennote het hy die grond – “oortrek met onkruid, vol slange en met ’n donkie met die naam Peanuts” – gekoop vir die rojale bedrag van R250 000.

“Die plaas was deel van die groter Nooitgedac­ht-plaas en het vyf geslagte lank aan die Beyers-familie behoort totdat Jan Andries Beyers dit in 1895 verkoop het. Ek is aan my ma se kant ’n regstreeks­e afstammeli­ng van Jan Marthinus Beyers, wat die plaas van 1849 besit het. Dit was dus nie moeilik om op ’n naam vir ons nuwe ondernemin­g te besluit nie. Ek het die sesde geslag geword wat op hierdie spesifieke stuk grond boer.”

Beyers het destyds as wynmaker en wingerdbou­er op Kanonkop gewerk, maar die kers ook aan die ander kant gebrand en tussendeur wingerdsto­kke op Beyerskloo­f begin plant. Dit was die begin van ’n moeilike pad. “Daar was stadiums dat jy jou eie kar verkoop en net met die plaasbakki­e rondgery het, en jy van niks gelewe het nie,” onthou hy.

Sy grootste aansporing om ’n sukses van Beyerskloo­f te maak was een aand tydens ’n boereveren­igingverga­dering.

“Oom Stevie Smit (van die plaas Koopmanskl­oof) en oom Frans Malan (van Simonsig) het na my toe gekom en gesê: ‘Hoor hier, as jy op daai stukkie grond één bottel wyn maak, sal ons ons hoede opvreet!’ Hulle het daai tyd nog sulke vilthoede gedra, en weet jy watter motivering was dit?!”

Vandag besit hy en sy vennote twee plase (Beyerskloo­f en Kriekbult), waarop meer as duisend ton druiwe per jaar gepars word. Plaaslik het hul verspreide­r Meridian vanjaar meer as ’n miljoen bottels van die Pinotage met die wit etiket versprei.

WYNMAN, STORIEMAN

Die gogga om ’n wynmaker te word, het al in graad 8 gebyt toe Beyers sy eerste slukkie wyn geproe het, maar hy het besluit om eers medies te gaan studeer (“ek is ’n ou wat mense wil gesond maak; ek wil sien dat almal

 ??  ?? lbotha@landbou.com Nuwe bloed. Mnr. Anri Truter (regs), self ’n bekroonde wynmaker, volg in sy pa, Beyers, se voetspore in die bedryf. Beyers sê benewens Anri se taak om die handelsmer­k te laat voortleef, het hy ook die groot taak om die ondernemin­g na die derde geslag oor te dra.
lbotha@landbou.com Nuwe bloed. Mnr. Anri Truter (regs), self ’n bekroonde wynmaker, volg in sy pa, Beyers, se voetspore in die bedryf. Beyers sê benewens Anri se taak om die handelsmer­k te laat voortleef, het hy ook die groot taak om die ondernemin­g na die derde geslag oor te dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa