Landbouweekblad

Die beste artikels van 2018

Nie net het Landbouwee­kblad se artikels lig gewerp op ’n verskeiden­heid landbouver­takkings en produksiet­egnieke nie – ook op debatvlak het artikels wat strek van ’n ope brief aan Cyril Ramaphosa tot die aangrypend­e samewerkin­gstorie van die Bonnievale-gem

-

‘STUUR ONS!’

Soos dr. Johan van Zyl, hoof van Toyota Europa, wat gehoor gegee het aan pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede-versoek om skouer aan die wiel te sit om die land se probleme te help oplos, het die megaboer Nick Serfontein homself ook vroeër vanjaar beskikbaar gestel om te help met transforma­sie in die landbou. In die 27 Julie-uitgawe van Landbouwee­kblad word Nick se ope brief aan die president gepublisee­r, waarin die voorsitter van die Sernick-groep pleit dat die president kommersiël­e boere betrek by die transforma­sie van die sektor. Die groep neem 550 mense in diens en beslaan ’n geïntegree­rde waardekett­ing wat ’n Bonsmarast­oetery, ’n veevoerfab­riek, ’n voerkraal, ’n abattoir, ’n ontbenings­aanleg en kleinhande­lafsetpunt­e insluit.

Boere voel vervreem, skryf Nick, maar is gewillig om te help en kan ’n reuseversk­il in die land maak. Nick skryf oor sy eerstehand­se ervaring van “die hel” waardeur swart opkomende boere in Suid-Afrika moet gaan om suksesvol te wees, nadat hy self in 2015 besluit het om ’n program van stapel te stuur om opkomende boere te ondersteun.

Sedertdien is vier mega-boeredae en 64 mini-boeredae in verskillen­de streke van die Vrystaat vir swart boere gehou, terwyl Sernick die formele opleiding (NQF3) van 75 opkomende boere behartig het.

“Vir 24 jaar is hierdie mense, wat meestal ware, eerlike en ernstige bedoelings, drome en aspirasies het om te boer, deur die Regering versaak. Dit is hoofsaakli­k weens beleid, korrupsie, ’n gebrek aan leierskap, kapasiteit en kundigheid en, ja, politieke wil,” skryf Nick sonder om doekies om te draai. “Vandag is daar meer as 200 000 ha net in die Vrystaat wat toegeken is aan sogenoemde opkomende boere by wie daar absoluut geen produksie is nie.”

Nick noem ook die transaksie wat Sernick met die regering se Jobs Fund beklink het waarvolgen­s R150 miljoen, asook ’n R100 miljoen-lening van die Land Bank en eie finansieri­ng, aangewend sal word om 660 opkomende boere in die volgende drie jaar op te lei. Uit dié groep van 660, sal 50 ten volle ontwikkel word tot kommersiël­e status, met volle toegang tot Sernick se waardekett­ing, asook aandele in Sernick se groothande­lafdeling.

“Kies boere op grond van hul vermoë en bekwaamhei­d, en bly weg van die ‘Gucci-mense’ en politieke begunstigp­leit des,” Nick. “Gee eerder titelaksel­fs tes, op voorwaarde­s, aan swart boere om hulle sodoende toegang tot finansieri­ng te gee. Vergeet van die huidige konsep van agriparke, dit is net nóg ’n skuiwergat vir korrupsie, laat Sernick eerder ’n agripark wees.” Nick se brief versprei soos ’n veldbrand nadat dit in Engels vertaal is, en die Sondagmidd­ag nadat die brief in koerante geplaas is, stort die Sernick-groep by Edenville in die Vrystaat se e-posbediene­rs in duie onder die stroom inkomende e-posse. “Ek kry trane in my oë as ek dink hoe mense my om hulp gesmeek het,” vertel Nick later. “Dit breek ’n mens se hart oor hoe desperaat mense is.” Ramaphosa se oproep kom toe wel, asook die versoek dat Nick in ’n nuwe adviespane­el dien wat die interminis­teriële komitee oor grondhervo­rming en landbou moet bystaan met raad. Nick aanvaar, want, soos hy in sy brief skryf: “Wat werklik saak maak, is die toekoms van ons land en sy mense. Daar is geen plek vir ego’s, kleinlikhe­de, minderwaar­digheidsko­mplekse en vooroordel­e nie.”

ONS RAAK BETROKKE

Landbouwee­kblad het in 2018 deur verskeie geleenthed­e betrokke geraak by die land se boederygem­eenskap.

HERLEWINGS­LANDBOU BEGIN SPIERE BULT

Lae graanpryse, stygende insette en ’n reeks ondergemid­delde droë jare het boere vanjaar al meer laat kopkrap oor hoe hulle die somme gaan laat klop. Om hopelik ’n paar antwoorde te bied, het Landbouwee­kblad en die Riemlandst­udiegroep in Maart saam met Graan SA ’n Herlewings­landboukon­ferensie op Reitz aangebied, wat meer as 600 boere gelok het.

Die Amerikaans­e grondgeson­dheidspesi­alis Jay Fuhrer het as hoofspreke­r vertel hoe boere in die VSA soortgelyk­e uitdagings suksesvol aanpak, en hoe verhoogde grondkools­tofvlakke die sleutel is tot verbeterde grondgeson­dheid. Nie net kan beter grondgeson­dheid duur chemiese insette besnoei nie, maar dit kan ook boerderye meer veerkragti­g teen ’n wisselvall­ige klimaat maak.

Die kern van hierdie benadering is bewaringsb­ewerking, die plant van diverse dekgewasse, en ultrahoëdr­ukbeweidin­g van somer en winterdekg­ewasse. Daar is ook geskiedeni­s gemaak toe ’n ultrahoëdr­ukbeweidin­gsdemonstr­asie ten toon gestel is op die plaas van die voorsitter van die Riemlandst­udiegroep, Danie Slabbert.

In 2019 bied Landbouwee­kblad die eerste keer twee herlewings­landboukon­ferensies aan – een in die ooste in Reitz saam met die Riemlandst­udiegroep, en dan ook in die weste, saam met die Ottosdalge­enbewerkin­gsklub. (Blaai na bl. 54 vir meer.)

GRONDBERAA­D OP BELA-BELA BRING HOOP

Met grondontei­ening sonder vergoeding op almal se lippe, en algemene mismoedigh­eid wat vroeër vanjaar onder landbouers geheers het oor die politieke situasie in die land, het Landbouwee­kblad en Agri SA in September ’n historiese beraad in BelaBela in Limpopo belê.

Die doel was om van die beste voorbeelde van transforma­sieprojekt­e in die landbou en op die platteland in die algemeen bymekaar te bring, in ’n poging om die nasionale debat oor grond op ’n meer opbouende trajek te plaas. Oor twee dae het 65 sprekers konferensi­egangers verras met hulle konstrukti­ewe bydraes tot die land, positiwite­it en ongeloofli­ke ontginning van sluimerend­e potensiaal van gewone SuidAfrika­ners.

Daar was stories van ’n skool wat in Bonnievale uit die niet herrys het, vervalle restitusie­plase wat nou weer uitvoer, plase waar in vennootska­p geboer word, en kommunale areas waar daar wêreldklas­boerderye staangemaa­k is. Die boodskap was duidelik, SuidAfrika is geseën met besonderse mense, wat die land kan verander, as die politici net eenkant toe wil staan.

Soos Nick Serfontein, een van SuidAfrika se voorste boere en ook een van die sprekers opgemerk het: “Die BelaBelagr­ondberaad sal seker as een van die belangriks­te keerpunte in die geskiedeni­s van SuidAfrika se landbou beskou word.”

Daarna is twee berade met dieselfde strekking in die OosKaap gehou, waar Landbouwee­kblad ook betrokke was.

HANTEERDER­S WYS HUL STAAL

Veeversorg­ers is op AgriExpo Livestock in Landbouwee­kblad en AgriExpo Livestock se Grooms’ Challenge vereer in ’n poging om hulde te bring aan die werkers wat agter die skerms stilweg veeskoue moontlik maak.

Vanjaar was mnr. Basie Erasmus van die plaas Blaauwberg by Melkbosstr­and die wenner. “Ek sê vir Landbouwee­kblad baie dankie dat hy vir ons die kans gegee het om te wys ons doen goed,” het Erasmus opgemerk by die oorhandigi­ng van sy toekenning by die gesellige braai wat vir die versorgers gereël is. Die wenners het winterbaad­jies, koopbewyse en ’n kontantbed­rag van AgriExpo gewen. Lees meer op bl. 80.

NAMPO SE REDAKTEURS­BRAAI

Oudergewoo­nte het kliënte, vriende en boere saamgekuie­r by die jaarlikse Landbouwee­kbladredak­teursbraai gedurende Nampo op Bothaville. Die braai wat nou al ’n instelling by die grootste landbousko­u in die Suidelike Halfrond geword het, is ’n kans vir besoekers om die stof van die skou af te skud vir ’n gesellige aand saam met die Landbouwee­kbladspan, vriende en kollegas. Die tydskrif beplan om sy eeufees by die geleenthei­d te vier, met die bekendstel­ling van sy eeufeesged­enkboek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa