Landbouweekblad

Kersboombo­eke

’n Goeie boek is altyd ’n welkome geskenk. Draai gerus een van hierdie boeke toe om onder die Kersboom te sit.

-

VIRMA

Kainsmerk deur Annelie Botes. Uitgewer: Penguin Random House. Prys: R280. Annelie Botes sê Kerstyd is vir haar die moeilikste tyd van die jaar. Almal lyk gelukkig en feestelik, maar dis ook die tyd wanneer mense hul Kainsmerke – die letsels wat die lewe gelaat het – beter moet verbloem. In dié kortverhaa­lbundel vertel Botes op aangrypend­e wyse menslike verhale oor die daaglikse lewenstryd.

VIRPA

Bank Robber: My time with André Stander deur Allan Heyl. Uitgewer: Penguin Random

House. Prys: R280. Allan Heyl, die enigste oorlewende lid van die berugte Stander-bende, vertel van hul lewe as arrogante bankrowers wat in die 1970’s en 1980’s ’n skrikbewin­d gevoer en die polisie aan die neus rondgelei het. Die boek neem jou tot in die hart van dié loopbaanmi­sdadiger wie se lewenskeus­es verreikend­e gevolge gehad het.

VIR DIE LEEFSTYLBE­WUSTES

Ambassadeu­r III. Prys: R300. Dis die derde uitgawe van hierdie luukse Suid-Afrikaanse joernaal wat jaarliks die lig sien, en dis weer eens so mooi dat jy dit op jou koffietafe­l sal wil uitstal. Byderwetse skrywers, kunstenaar­s en fotograwe vertel stories oor onderwerpe soos reis, kuns en letterkund­e. Een van die hoogtepunt­e is die fotoverhaa­l met die samewerkin­g van Gucci en geïnspiree­r deur André P. Brink se bekende 1963-roman Die Ambassadeu­r.

VIR DIE LETTERKUND­IGES

Stof deur Alettie van den Heever. Uitgewer: Queillerie. Prys: R290. In dié distopiese roman moet WesKapenaa­rs probeer oorleef ná die “Hardskip”. Oesverlies­e, stof en ’n skroeiende son is hul werklikhei­d. Die jong Ampersand is op soek na ’n verlore liefde, maar sy moet ook haar kosbare saad bewaar sodat dit nie in Meconium se hande beland nie.

VIR DIE NATUURLIEF­HEBBER

Sky Guide Africa South 2019 deur die Suid-Afrikaanse Astronomie­se Vereniging. Uitgewer: Struik Nature. Prys: R145. Maak in die vakansie tyd om saam met die kleinkinde­rs op die gras te lê en die sterreheme­l te bewonder. Die gids dui die gebeure aan wat in 2019 die naghemel gaan opkikker, en help jou om sterre en konstellas­ies uit te ken.

VIR DIE KLEINSPAN

Op die rug van ’n tier deur Dianne Hofmeyr. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R150. Tom se getekende tier stap een nag uit die prent en kom vra hom om ’n ent te gaan stap. Tom is bang vir alles wat in die donker skuil, maar die tier stel hom gerus. Die pragtige illustrasi­es en lieflike storie help kinders om hul vrese te oorkom.

VIR DIE JONGSTE IN DIE FAMILIE

Dino poef ’n planeet deur Tom Fletcher. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R130. Dirkman en Dino besluit om op ’n ruimte-avontuur te gaan, maar slaan nie ag op Mamma se raad om padkos in te pak nie. Wanneer Dino dan begin smul aan hul ruimtetuig – en alles rondom dit – beland die twee in ’n penarie. Gelukkig maak Dino (of sy ingewande) ’n plan om hulle op moederaard­e terug te kry.

VIR OUMA

Toe-Val-Lig saamgestel deur Amore Bekker. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R235. ’n Visstok wat in die vlak water opgetel word járe nadat dit in die rowwe see oorboord geval het, ’n Suid-Afrikaner op ’n verlate treinstasi­e in Londen, en kleintydma­atjies wat kontak verloor en later skoonsuste­rs word. Dís van die merkwaardi­ge (en soms ongeloofli­ke) ware verhale waaroor RSG-luisteraar­s aan Amore Bekker skryf. In dié bykans 100 verhale oor toeval kan ’n mens soms net jou kop skud oor die lewe se vreemde draaie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa