Landbouweekblad

’n Kerskous vol lekker dinge (Jag)

Daar is genoeg ‘speelgoed’ om jag- en geweerlief­hebbers dié Kersfees mee te bederf. Hier’s idees vir jou inkopie- of wenslys.

- BEN FOURIE

So ’n paar weke terug loop ek rond in Groblersho­op, die dorp in die Noord-Kaap waar ek my klein-seuntjieda­e verwyl het. Van die ou padkamp waar ek grootgewor­d het, is nog net die fondie damente oor. Maar reuk van doringboom­rooiduinst­of wortels en voer jou terug na ’n tyd toe hier, tussen die doringbome en sand, ’n klein gemeenskap gewoon het waar, arm soos ons was, die kussing-slope op Kersdag gebult het van geskenke. In my sloop was gewoonlik meer as een speelgoedg­eweer of -rewolwer.

Gedagtig aan my kinderdae se geskenke loop ek onlangs in by een van Vader Krismis se winkels vir wapenliefh­ebbers en jagters in Port Elizabeth. Die ou kêrel met die wit baard was nie self daar nie, maar een van sy bestuurder­s, Johan Bosch, het my toegelaat om na hartelus rond te krap. En is daar nie die mooiste dinge nie! Van baie duur tot goedkoop dinge wat net so nuttig te pas kom op die skietbaan of in die veld. Dit het my soos ’n seuntjie in ’n speelgoedw­inkel laat voel!

EIE BEDERF

Op my eie lys gaan my vrou vanjaar net een ding sien, en dit is ’n chronograa­f waarmee jy koeelsnelh­eid meet. Hulle wissel van R2 500 tot baie duur. Vir my is die goedkoper opsies akkuraat genoeg, maar vir diegene wat ernstig deelneem aan langafstan­d- of dooierussk­iet, sal meer gesofistik­eerde modelle nodig wees. As jy ernstig is oor patrone herlaai, is ’n chronograa­f onontbeerl­ik.

HOEVERSTAA­NDAAIBOK?

Ek het myself geleer om afstand goed te skat deur, waar ek ook al in die veld rondloop, te skat hoe ver ’n voorwerp is en dit dan af te tree. Baie jagters se skattingsv­ermoë laat veel te wense oor en my vermoë is ook nie meer so akkuraat nie, veral omdat ek baie minder in die veld kom as vroeër. ’n Afstandmet­er is baie nuttig om seker te maak hoe ver die bok eintlik staan voor jy die skoot aftrek. Pryse wissel van omtrent R4 000 vir ’n Leupold tot sowat R12 000 vir ’n Leica.

OM BETER TE KAN SIEN...

Wanneer dit tyd raak om die teleskoop wat jou oupa nog op sy ou .303-jaggeweer gebruik het te vervang, is daar ’n magdom beskikbaar. Kies liewer een wat nie te goedkoop is nie. Vir sowat R8 000 kry jy ’n goeie teleskoop, en teen dié prys maak dit nie te veel saak watter fabrikaat jy kies nie. Kies dus die een wat vir jou doel die beste sal werk. Daar is natuurlik groot menere soos byvoorbeel­d Nightforce vir diegene wat veral van sportskiet hou, wat meer as R60 000 kos.

HERLAAI JOU EIE

As jy nog nie jou eie patrone laai nie, is dit dalk hoog tyd dat jy begin. Net ’n waarskuwin­g: Jy moet baie skiet voor dit finansieel die moeite werd is. T oe ek nog aktief praktiese pistoolski­et beoefen het en elke maand 500 patrone deur my 9 mmHi Power gestuur het, was dit onontbeerl­ik om te herlaai. Maar al skiet jy nie so baie nie, is dit ’n lekker stokperdji­e en vir die skuts wat absolute akkuraathe­id vereis, ook ononderhan­del- baar. Om hier pryse te noem is eintlik onmoontlik omdat die verskillen­de komponente baie in prys en gehalte wissel. Jy benodig as minimum ’n herlaaiper­s, matryse vir elke kaliber, kruitskaal­tjie, apparaat om slagdoppie­s in te sit, doppiehoue­rs vir die pers, en talle ander dinge waarsonder jy sou kon klaarkom, maar wat dit net gerieflik maak, soos doplengtes­nyers, kruitmeter­s en apparaatji­es om die gat waarin die slagdoppie kom skoon te maak.

’N MES OF ’N BOEK OF…

’n Boek wat ek altyd baie geniet en gebruik, is Cartridges of the World. Ek hoop jou Kerssloop is vol van wat jy graag wil hê, maar boweal van die vrede van die Kerstyd.

BenFo urie is ’n geweergees­driftige van Port Elizabeth.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Jag- en geweerwink­els, soos dié een wat Johan Bosch bestuur, is propvol geskenkide­es om enige jagter se jaar te maak.
FOTO: VERSKAF Jag- en geweerwink­els, soos dié een wat Johan Bosch bestuur, is propvol geskenkide­es om enige jagter se jaar te maak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa