Landbouweekblad

Hart tot hart

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

‘Ek sien ontelbaar geredde sondaars, met myself tussen hulle, wat deur Christus nuut gemaak is.’

In ons slaapkamer staan ’n netjies gerestoure­erde stinkhouts­toel. Dis in ’n antieke styl wat dateer uit die jaar toet. Dikwels, wanneer ek daarop sit, gaan my gedagtes terug na die dag toe ek dié stoel, in ’n gehawende toestand, van die ashoop gered het. Wyle oom Bosch het besluit om sy pakkamer op te ruim en al die onbruikbar­e rommel weg te gooi. Dié “stuk rommel”, wat eens ’n nuttige stoel was, sou ook in die slag bly, as dit nie vir my tydige besoekie was nie. Oom Bosch was maar te bly dat ek hom van die rommel wou help verlos! So het dit gebeur dat die stoel in Vossie, die houtwerkku­nstenaar, se werkwinkel beland het. Toe dit ’n ruk later aan my terugbesor­g word, was dit heeltemal anders – nuut gemaak, so mooi as waarvoor jy kon wens en bestem om vreugde aan ons gesin te bring.

Hierdie stoel praat nou met my op ’n nuwe manier – in die taal wat die apostel Paulus so graag gebruik in sy briewe aan verskillen­de gemeentes. Luister wat skryf hy in sy tweede brief aan die Korintiërs: “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby . . . Dit alles is die werk van God” (2 Kor. 5:17-18).

Dit is by hierdie teks en by die nuutgemaak­te rommelstoe­l waar ek my aansluitin­g vir ons Kersboodsk­ap wil vind. Ek sien ontelbaar geredde sondaars, met myself tussen hulle, wat deur Christus nuut gemaak is. En dís die essensie van Kersfees: God het in Christus sondaars kom red – van wie ek die vernaamste is (1 Tim. 1:15).

’n Geseënde Kerstyd aan al ons lesers!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa