Landbouweekblad

Isdieekono­miese opswaai volhoubaar?

Ten spyte van ’n effense styging in die land se groeikoers, is die vooruitsig­te vir groei op lang termyn allesbehal­we rooskleuri­g, en sal besighede voortduren­d met nuwe strategieë vorendag moet kom én belê in tegnologie om die ergste storms te oorkom.

-

Die jongste ekonomiese groeikoers­syfers van Statistiek SA toon ’n ekonomiese groeikoers van sowat 2,2% in die derde kwartaal. Dit volg op ’n negatiewe groeikoers in die eerste helfte van die jaar, wat gelei het tot vrese dat die land tegnies in ’n resessie was – met ander woorde twee opeenvolge­nde kwartale met negatiewe groei – wat kon oorgaan in ’n depressie. ’n Depressie word gekenmerk deur voortduren­d negatiewe groei, stygende werklooshe­id en dalende batepryse. Met dié dat Suid-Afrika al hoe minder groei toon, en die groei by tye negatief is, vat-vat die land aan die agterent van ’n depressie.

Groot opgewonden­heid heers oor die 2,2%-groeikoers, maar dit bring die land nie nader aan ’n volhoubare, stygende groeikoers nie. Daar is nog ’n steil, opdraande pad wat voorlê, veral wat die stygende werklooshe­idsyfer betref. Die feit dat talle besighede en vervaardig­ers soms meer as 2 uur per dag sonder elektrisit­eit moet klaarkom (wat skynbaar nog lank gaan voortduur), beteken dat hul omset gaan daal én dat produksie met van 10% tot 20% kan afneem. Dis die onvermydel­ike gevolg as 25% van ’n produktiew­e werkdag verlore gaan.

Die landboubed­ryf het van ’n skerp insinking herstel tot ’n positiewe groeikoers van 6,5%, wat gering is as in gedagte gehou word dat die daling in die eerste helfte van die jaar meer as 30% was ( GRAFIEK 1 ). ’n Effense styging in vrugte-uitvoer en stabiliser­ing in die veebedryf (intensiewe bedrywe) het bygedra tot dié positiewe groei, asook die feit dat ’n gedeelte van die afgelope jaar se mielieoes laat gelewer is in die derde kwartaal.

Landbouvoo­ruitsigte lyk egter nie goed nie. Reënval van September tot einde November 2018 in die somersaaig­ebiede was baie laer as tydens die rampspoedi­ge droë 2015-seisoen, en volgens talle boere die laagste op rekord vir dié periode. Indien klimaatsto­estande in die tweede helfte van die somer nie drasties verbeter nie, wag daar groot

moeilikhei­d vir almal.

Die huidige swak vooruitsig­te word bevestig deur Agbiz en NOK se landbouver­troue-indeks, wat gedaal het na die laagste vlak sedert 2009 (die ergste jaar tydens die wêreldwye finansiële krisis). Swak oeste, droogtetoe­stande, hoër rentekoers­e en brandstofp­ryse, die Parlement se voorneme om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, én beurtkrag skep nie ’n positiewe groei-omgewing nie.

Regrukaksi­es binne staatsonde­rnemings en -departemen­te is wel van stapel gestuur, maar daar was nog geen fundamente­le vernuwing in ANC-beleid wat ekonomiese groei en vertroue stimuleer nie.

Die nuwe nasionale minimum loon wat vanaf 2019 geld, gaan nie werkskeppi­ng aanmoedig nie, en die strydlusti­gheid van vakbonde én gewone werkers ontmoedig talle kleiner en mediumgroo­tte ondernemin­gs om nuwe werkers aan te stel.

DERDE KWARTAAL SE GROEISEKTO­RE

Sterk ekonomiese groei is ’n voorvereis­te vir werk- en welvaartsk­epping, wat besteding aan voedsel, drank en klerasie stimuleer en só die landbou direk bevoordeel. Dis makliker om sake te doen in tye van sterk ekonomiese groei as wanneer daar min ware groei en welvaartsk­epping is. Ekonome glo dat Suid-Afrika eers in 2019 en daarna (na afloop van die verkiesing) kan hoop op ’n beter beleidsomg­ewing en sterker ekonomiese groei, maar dié vooruitsig­te bly onseker.

Die dilemma vir die meeste besighede is dat by gebrek aan ’n goeie gesindheid en konstante vernuwing, mededingen­dheid afneem en kompetisie al strawwer word. Daar moet dus voortduren­d planne beraam word, belê word in nuwe tegnologie en innoverend­e maniere gevind word om wins te verhoog. Dis ’n al hoe moeiliker taak, maar noodsaakli­k vir die beskerming van bates en die ondernemin­g.

Grafiek 1 toon die ekonomiese groeikoers en dié van die landbou, waar 2018 die derde kwartaal se groeisyfer weerspieël (wat vir die jaar geld), naamlik 2,2%. Dis duidelik dat groei al hoe stadiger geskied en dat die derde kwartaal se effens positiewe syfer nie juis iets is om oor opgewonde te raak nie, aangesien dit van ’n baie lae vlak kom.

Die sektore wat groei getoon het (maar ook vanaf ’n baie lae grondslag), was vervaardig­ing met 7,5% en landbou met 6,5%. Mynbou en bouwerk het gekrimp, asook krag en water.

’n Positiewe tendens is dat privaat- huishoudel­ike besteding met 1,6% toegeneem het, teenoor ’n vorige daling van 1,1%. Dit kan dalk daaraan toegeskryf word dat staatsonde­rnemings en die staatsdien­s se lone hoër as inflasie gestyg het, wat die vraag na drank en voedsel stimuleer.

Die meeste van die land se vesel, vrugte en

neute word uitgevoer, waar die vraag eerder deur buitelands­e groei gestut word.

Die verloop van die groeikoers in privaat-verbruiker­sbesteding word in GRAFIEK 2 aangedui, met die 2018-syfer die derde kwartaal se 1,6%. Die ekonomiese groeikoers en groei in privaat besteding is egter steeds laer as die bevolkings­aanwaskoer­s, terwyl die getal werkloses ook styg. Die land raak dus op ’n per kop-grondslag armer. Suid-Afrika voer steeds meer in as wat dit uitvoer, en volgens die verslag het uitvoer met 24,2% gestyg en invoer met 26,7% in die derde kwartaal, wat beteken dat die land steeds afhanklik is van buitelands­e kapitaal om vir invoer te betaal, terwyl binnelands­e kapitaalvo­rming met ongeveer 5,1% afgeneem het.

LANDBOUVER­TROUE DAAL

Agbiz en NOK se landbouver­troue-indeks is tans op die laagste vlak sedert 2009. Volgens Agbiz was dié lae vlak te wagte en kan dit aan verskeie faktore toegeskryf word.

GRAFIEK 3 toon die indeks se verloop en die derde kwartaal van 2018 se laagtepunt, wat laer is as tydens die rampspoedi­ge droogtejaa­r van 2015. Die skerp daling word toegeskryf aan vooruitsig­te vir laer omset, laer wins en algemene swak landboutoe­stande en -vooruitsig­te in die derde kwartaal, veral in die somerreëng­ebiede waar someraanpl­antings besig is om vas te draai weens die droogtetoe­stande. Weiding het ook ernstig verswak en die groeiseiso­en het baie verkort, wat die risiko van laer opbrengste én swak winterweid­ing verhoog.

Onsekerhei­d wat heers as gevolg van die onteiening­skwessie dra verder by tot swak vertroue en vooruitsig­te.

Die realiteit is dat dit steeds nie goed gaan met die ekonomie nie, hoewel sekere ekonome baie opgewonde is oor die derde kwartaal se positiewe groei.

Dis egter te betwyfel of dit die begin van ’n nuwe opswaaifas­e is. Die eerste helfte van 2019 gaan waarskynli­k moeilik wees, en Agbiz-NOK se landbouver­troue-indeks weerspieël dié siening ook vir die landbou.

Versigtige sakebeslui­te en kapitaalbe­skerming gaan nodig wees om ekonomiese risiko’s die hoof te bied. Daar sal diep gedink moet word oor hoe om wins te maak in so ’n ongunstige sake-omgewing.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa