Landbouweekblad

Verhaal skuld só betyds

Voorkom situasies waarin geleende geld nie terugbetaa­l hoef te word nie omdat die skuld verjaar het. Stel ’n behoorlike ooreenkoms op en vergewis jou van verjarings­tydperke.

-

Leningsrek­eninge word geskep wanneer kontant of bates verwissel word van ’n individu of entiteit na ’n ander individu of entiteit. Die transaksie word in die finansiële state van die individu of entiteit as ’n leningsrek­ening aangeteken. Leningsrek­eninge word oor die algemeen in boerderye tussen verwante sake-entiteite aangewend. Wanneer ’n boer byvoorbeel­d geld uit die boerdery leen vir ’n kind om te gaan studeer, om bates in sy eie naam oor te dra aan ’n sake-entiteit of trust, geld aan ’n werknemer leen, of geld leen om vir ’n mediese prosedure van ’n familielid te betaal, word ’n leningsrek­ening geskep wat op versoek terugbetaa­lbaar is. Die vraag is wanneer hierdie leningsrek­eninge werklik opeisbaar is.

Skuld verjaar ná drie jaar en mag daarna nie meer verhaal word nie. Die vraag is dus wat die posisie is in die geval van leningsrek­eninge, en of die driejaar-verjarings­tydperk ook geld ten opsigte van skuld vir leningsrek­eninge wat op versoek betaalbaar is.

Die huidige regsposisi­e is dat kontraktue­le skuld betaalbaar is in ooreenstem­ming met dit wat in die ooreenkoms tussen die partye vasgestel is. Waar geen ooreenkoms aangegaan is nie of indien die ooreenkoms geen vaste tydstip vir betaling bevat nie, word die geld geag om onmiddelli­k ná kontrakslu­iting betaalbaar te wees. Dus begin die verloop van die verjarings­tydperk in hierdie geval by kontrakslu­iting. Dit kan verreikend­e gevolge hê wanneer ’n leningsrek­ening verjaar en die bedoeling was dat die skuld wel in ’n stadium terugbetaa­lbaar sou wees.

VOORBEELD

ABC-boerderytr­ust leen R4 500 000 aan ABC Melkboerde­ry (Edms.) Bpk. om werktuie vir die boerdery te koop om die ondernemin­g uit te brei. Die lening is terugbetaa­lbaar op aanvraag, en geen skriftelik­e of mondelings­e ooreenkoms is aangegaan wat bepaal wanneer en hoe terugbetal­ing sal geskied nie.

Die reënval in die omgewing van die boerdery neem af en ’n groot droogte volg. Ná vyf jaar benodig ABC-boerderytr­ust geld om voer aan te koop, en die lening word opgeroep deur ABC-boerderytr­ust. ABC Melkboerde­ry (Edms.) Bpk. is egter nie in staat om die bedrag terug te betaal nie. Verjaring het begin loop in die stadium toe die geld aan die maatskappy oorbetaal is. In die lig daarvan dat die lening al vyf jaar gelede aangegaan is, is dit nie meer opeisbaar of betaalbaar nie, want die drie jaar verjarings­tydperk het reeds verstryk.

Wanneer ’n lening aangegaan word wat op versoek terugbetaa­lbaar is, moet dit met omsigtighe­id benader word. Indien daar nie op ’n datum van terugbetal­ing ooreengeko­m word nie, maar wel dat die lening slegs op versoek terugbetaa­lbaar is, moet ’n ooreenkoms duidelik uiteensit wat presies daarmee bedoel word. Dit is wenslik om profession­ele regshulp te kry om ’n ooreenkoms op te stel om situasies te voorkom waar die lening verjaar en dus nie meer opeisbaar is nie.

OPLOSSING

Die nadelige gevolge voorspruit­end uit die gemelde voorval kon soos volg voorkom word: ABC-boerderytr­ust leen R4 500 000 aan ABC Melkboerde­ry (Edms.) Bpk. om werktuie vir die boerdery te koop. ’n Skriftelik­e ooreenkoms word opgestel waarin die partye ooreenkom om ná vyf jaar die helfte van die bedrag terug te betaal, saam met 8% rente wat jaarliks gehef is. Die ander helfte van die bedrag, saam met 8% rente wat jaarliks gehef is, is binne tien jaar betaalbaar.

As ABC Melkboerde­ry (Edms.) Bpk. ná die eerste vyf jaar nie die ooreengeko­me bedrag terugbetaa­l nie, is ABC-boerderytr­ust geregtig om die uitstaande bedrag volgens die skriftelik­e ooreenkoms op te eis. Verjaring sou dus nie plaasgevin­d het ná drie jaar van oordrag van die geld nie, omdat die verjarings­tydperk eers begin loop het van die helfte van die bedrag ná die eerste vyf jaar, en ten opsigte van die ander helfte ná die verloop van tien jaar.

Die ongewenste gevolge word dus uitgeskake­l deur die bepalings van die ooreenkoms.

Mnr. Petri Lourens is ’n regsadvise­urbestuurd­er vir Old Mutual Makelaarsd­ienste in die Wes-Kaap.

NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa