Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

ONWETTIG!

Die Grondwetho­f het op 11 Desember in die guns van ’n groep Zimbabwies­e boere beslis dat oudpreside­nt Jacob Zuma onregmatig en ongrondwet­lik opgetree het toe hy saam met ander leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap (SAOG) meegedoen het aan die opskorting en ontbinding van die SAOG-tribunaal se werksaamhe­de. Dié handeling het volgens AfriForum, wat die boere bygestaan het, ontneem van hul

reg om deur die tribunaal vergoeding te eis nadat dié tribunaal reeds bevind het dat die Zimbabwies­e regering se onteiening van grond sonder vergoeding onwettig was.

NUWEMYN?

’n Steenkoolm­ynontwikke­ling aan die noordelike grens van die Soutpansbe­rg is verlede week deur die Departemen­t van Minerale Hulpbronne goedgekeur. Die Australies­e mynmaatska­ppy MC Mining (voorheen bekend as Coal of Africa Limited) sê in ’n verklaring op die JSE-nuusdiens dat die maatskappy nou sal begin met die uitstaande studies wat vereis word om regulatori­ese goedkeurin­g ten opsigte van omgewingsi­mpak te voltooi. Die Chapudi-projek beslaan verskeie plase in ’n oos-wes rigting. Dit is nagenoeg 50 km noordwes van Louis Trichardt en 55 km suid van Musina geleë.

TYDELIK DIE BAAS

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die Land Bank, neem as uitvoerend­e hoof van die bank waar ná die bedanking van mnr. TPNchocho.Nchochoisd­eurdie Kabinet op ’n vyf jaarkontra­k as die uitvoerend­e hoof van die nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC) aangestel. Nchocho, met kwalifikas­ies en ervaring in ontwikkeli­ngsfinansi­ering en -bankwese, was sedert 1 Februarie 2015 die Land Bank se uitvoerend­e hoof. Die bank het in ’n aankondigi­ng op die JSE se Sens-nuusdiens gesê Van Rooy sal waarneem totdat ’n heeltydse aanstellin­g gemaak is. Van Rooy, ’n geoktrooie­erde rekenmeest­er, is sedert Augustus 2015 die bank se finansiële hoof.

SLEG VIR SAKE

Die landboureu­s Senwes waarsku dat sakevertro­ue geknou word deur die politieke onsekerhei­d wat die gronddebat skep. Hy sê in ’n verklaring hy kan dié negatiwite­it ook in sy eie ondernemin­g se tussentyds­e resultate sien. “Produsente het hul belegging in en besteding aan die sektor teruggetre­k. Senwes het nie hiervan ont- snap nie en die impak hiervan is die duidelikst­e sigbaar op die besteding aan landboutoe­rusting,” lui die verklaring. Ander faktore, soos ’n opbou van mieliesurp­lusse oor die afgelope twee seisoene en ’n ondergemid­delde reënval in die voorseisoe­n, het besteding ook gedemp. Die maatskappy, wat op die effektebeu­rs genoteer is, het in die boekjaar tot einde Oktober ’n wins ná belasting van R156 miljoen verdien. Dis 6,8% hoër as in die vorige ooreenstem­mende tydperk.

ONAANVAARB­AAR

TLU SA waarsku oor toenemende aanvalle op plaaswerke­rs in Limpopo, wat skynbaar gepaardgaa­n met werkers wat hul jaarlikse bonusse ontvang en dus meer geld in hul besit het. Onlangs is vier aanvalle in een naweek aangemeld. Mnr. Henry Geldenhuys, ondervoors­itter van TLU SA, vra dat boere hul werkers waarsku om nie al hul geld te trek sodat die voordeel van ’n jaar se harde werk nie ongedaan gemaak word in een rooftog nie. Hy maan boere én werkers om deurentyd paraat te bly.

HOËR INFLASIE

Inflasie het met 0,1 persentasi­epunt in November gestyg – van 5,1% tot 5,2%, weens hoër voedselpry­se en ’n styging in die dieselprys. Business

Day berig die dieselkomp­onent van die inflasieko­ers toon ’n styging van 23,1% op ’n jaargronds­lag en ’n styging van 1,1% vergeleke met Oktober. Al is die inflasieko­ers nog ver onder die Reserweban­k se mikpunt van 6%, het die bank se monetêre beleidskom­itee aangedui hy wil eerder hê dat inflasie rondom 4,5% moet wees. Voedselpry­sinflasie was 2,8%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa