Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

DIE politieke kommentato­r mnr. Max du Preez meen die ANC het ’n hele jaar van destabilis­asie van die landbousek­tor en die ondermynin­g van Suid-Afrika se internasio­nale beeld toegelaat omdat hy nie wou lyk of hy terugstaan vir die EFF nie.

In sy rubriek op News24 sê Du Preez as die nuwe onteiening­swetsontwe­rp volgende jaar deur die Parlement gepromulge­er word, sal dit nie nodig wees om die eiendomskl­ousule in die Grondwet te verander nie. Dit sal dan aan almal duidelik wees dat die emosionele gronddebat, wat soveel verdeeldhe­id, onsekerhei­d en ’n afname in beleggersv­ertroue veroorsaak het, oor politieke wedywering en goedkoop populisme gegaan het pleks van die werklike herverdeli­ng van grond.

“Die ANC het in sy eerste 23 jaar aan bewind nie veel omgegee vir grondherve­rdeling nie. Grondhervo­rming en restitusie het teen ’n slakkegang gevorder en het feitlik tot stilstand gekom in die Zumajare.”

Die EFF het verlede jaar die grondkwess­ie opgeroep en die ANC het hom nagedoen omdat hy geen ideologies­e rigting het nie en omdat hy ook self die populistie­se virus opgedoen het, skryf Du Preez

“Die ANC-leiers het goed geweet die Grondwet is nie die struikelbl­ok vir radikale grondhervo­rming nie, maar het nie die binnegoed gehad om te weier om deel te neem aan ’n klugspel wat meestal net die sentiment teen wit mense opgesweep het nie.

“Hulle het dit geweet omdat die hoëvlakpan­eel onder die ANC se eie Kgalema Motlanthe só bevind het in die verslag wat die Parlement aangevra het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa