Landbouweekblad

MNR. CLAUDE CLOETE,

- — FREDALETTE UYS

‘Die natuur stel die pas vas en ons probeer boer soos die natuur ons lei.’ boer van Dordrecht, oor sy besluit om seleksie in sy skaapkudde aan die natuur oor te laat.

Sedert mnr. Claude Cloete van die plaas Felix naby Dordrecht se kopskuif om die natuur in beheer van seleksie in sy skaapkudde te plaas, het hy met ’n teelbeleid wat op vrugbaarhe­id gerig is, sy wol- en vleisprodu­ksie en winsgewend­heid verhoog.

Nadat hy agtergekom het wolboere wat vir meer wol per skaap teel trek eintlik aan die kortste ent met die ekstra voerkoste, het Claude begin om diere te teel wat vir die omgewing en toestande op sy plaas aangepas is.

“Die natuur stel die pas vas en ons probeer boer soos die natuur ons lei.” Boere moet versigtig wees om na ’n spesifieke lampersent­asie, speengewig of wolgewig per skaap te mik. “My mikpunt is die grootste wins per hektaar en om gereeld inkomstebe­lasting te betaal. In enige besigheid betaal jy óf rente óf inkomstebe­lasting. As jy inkomstebe­lasting pleks van rente betaal, is die lewe soveel makliker.”

Claude is gedwing om dié kopskuif te maak nadat hy besef het hy is nie meer besig om vooruit te boer nie en dat sy wolproduks­ie eerder daal pleks van toeneem.

“Nou speen ek 300 meer lammers as wat ek nodig het. Teen ’n waarde van R1 200 per lam is dit omtrent R360 000 se bykomende inkomste. As ek wol teen R100 per kilogram sou verkoop, is dit sowat 3 600 kg se wol werd.” Die waarde van die ekstra lammers wat hy jaarliks bykry, is gelyk aan amper 1 kg wol vir elke skaap wat hy besit.

Aangesien hy die natuur gebruik vir seleksie, vaar die skape veel beter omdat hulle nie meer gepamperla­ng hoef te word nie. “Dit is soos ’n kind wat sy hele lewe deur sy ouers bederf is, en dan sukkel hy as ’n volwassene om in die regte wêreld aan te pas. Voor hy die veranderin­ge aangebring het, kon 2 000 skape vir hulself sorg en die ander 2 000 het by die hek gewag om gevoer te word. “Nou het ek 4 000 skape wat vir hulself kan sorg.”

Van sy kudde is daar tans sowat 75% wat hy uit die Konsortium-Merino-deelboerde­rymodel geteel het, en 25% wat nog deel is van sy ou teling. Volgens Claude kan hy nie na ’n ideaal teel deur net ramme met die regte vereistes aan te koop nie. “Jy gaan dit slegs regkry indien jy meer ooie het om van te kies.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa