Landbouweekblad

‘MAAK JULSELF LOS VAN ESKOM’

-

Die landbousak­ekamer Agbiz raai landbou-ondernemin­gs en veral voedselver­werkers aan om in hernieubar­e energie te belê sodat hulle nie van Eskom afhanklik is nie. Wetgewing verbied egter ondernemin­gs om heeltemal van die netwerk af te gaan.

Agbiz vra die Regering om dié wetgewing te wysig “sodat mense minstens na hulself kan kyk en hul lot in hul eie hande kan neem om dié situasie te oorleef”, sê dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz.

Hy het op ’n Agbiz-mediadag oor die vooruitsig­te vir 2019 gesê alle Suid-Afrikaners word deur beurtkrag geraak, maar veral voedselver­werkers word baie swaar getref.

JOHNSMITH skryf: As alleenspel­er in die veld van elektrisit­eitsvoorsi­ening en met slegs een aandeelhou­er is Eskom in die stoel, en die verbruiker moet dans. Daar is wel alternatie­we, maar dit kom teen ’n prys.

PHILIP VAN DEN HEEVER skryf: Dis tyd vir meer alternatie­we kragbronne.

MANIE GROBLER skryf: Kyk, die ANC is uitgeslape. Eers het hy die wit mense uit hul werk uit deur regstellen­de aksie. Toe probeer hy die boere van die grond af dryf met diefstal, moord en die minimum staatshulp. Nou laat hy die boere swaarkry deur Eskom se krag af skakel sodat meer boere hul grond moet opgee. Dit gaan nie hier ophou nie. Die volgende is om wit besighede se krag af te skakel om die fabrieke en besighede ’n knou te gee. Só probeer die ANC alles vat wat aan die wit mense behoort, of probeer hulle uit die land verdryf.

BUTCH VAN BLERK skryf: Ek glo nie daai verbod om van die netwerk af te gaan, gaan in die howe bly staan nie — dis lynreg in stryd met Mededingin­gswet.

WILLEM ESTERHUYSE skryf: Ek stem saam met John. Die situasie rakende kragvoorsi­ening gaan in toekoms eerder verswak as verbeter. Ons in die landbou en nywerhede moet so vinnig moontlik in alternatie­we kragbronne, soos sonkrag en wind, belê. Natuurlik teen ’n prys. Hoe gouer, hoe beter!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa