Landbouweekblad

Ondergrond­se besproeiin­g bespaar water, krag

’n Ondergrond­se besproeiin­gstelsel wat op boorde en wingerde gerig is, kan boere help om hul waterverbr­uik drasties te verlaag. Boonop wys proewe deur ’n makadamiab­oer van KwaZulu-Natal dat die stelsel grondverdi­gting heelwat verminder.

-

As ’n waterskaar­s land wat met van die wêreld se toplandbou­lande moet meeding, is doeltreffe­nde besproeiin­g ’n faktor wat SuidAfrika­anse boere deurgaans moet oorweeg. Verdamping is een van die grootste faktore wat besproeiin­g nadelig raak. Om dit teen te werk, het mnr. Dick de Villiers, ’n afgetrede koffie-, tee- en suikerriet­boer van die Oribivlakt­e in KwaZulu-Natal, met ’n ondergrond­se drukbespro­eiingstels­el vorendag gekom om water en voedingsto­wwe regstreeks in die wortelsone van gewasse te plaas.

“Nadat ek afgetree het, het ek myself in Australië gaan vestig en daar ál meer bewus geword van die belangrikh­eid van doeltref- fende besproeiin­g. My boerdery-agtergrond het natuurlik gehelp met die ontwikkeli­ng van die stelsel.”

Die eerste paar proewe is in gemeenskap­stuine om Perth gedoen.

Aanvanklik het De Villiers plastiekpy­pe uit China gebruik weens koste-oorwegings, maar die pype kon nie die druk hanteer nie. “Daarna het ek ’n fabriek in Alberton gevra om besproeiin­gspype te maak, en sedertdien kyk ek nie terug nie.”

Die USIS-stelsel (Unique Subsurface Irrigation System) wat De Villiers ontwikkel het, bestaan uit ’n reeks plastiekbu­ise met drie spuitgaatj­ies wat vertikaal in vooraf geboorde gate van 80 mm in deursnee en 350 mm diep geplaas word. Die buise word in lyn geplaas, aan weerskante van boomstamme.

Slegs die hoofwaterl­yn word op die grond aangebring en met ’n gewone T-stuk aan die verskillen­de waterspuit­e gekoppel.

Dié diepbespro­eiingstels­el werk met waterdruk om water en voedingsto­wwe regstreeks in die plant se wortelsone te plaas

wat dit onmiddelli­k beskikbaar maak, terwyl verdamping verminder word.

Die grootste verskil tussen dié stelsel en bestaande drupperlyn­e of mikrobespr­oeiingstel­sels lê daarin dat die spuite ondergrond­s geplaas word om water onder druk in die wortelsone van ’n plant of boom te plaas. “Tot 20% minder water word gebruik omdat water nie weens verdamping of afloop verlore gaan nie,” sê De Villiers.

Die spuitgaatj­ies, al drie op dieselfde vlak, lewer gewoonlik water op ’n diepte van 100-150 mm teen sowat 2 500 kPa – sowat 2 liter water per minuut.

Die hoogte van die spuitgaatj­ies, die hoeveelhei­d en die posisie kan aangepas word, sê De Villiers.

“Die uitleg van die diepbespro­eiingstels­el word natuurlik bepaal deur die aantal bome of rylengtes.”

WATER EN ENERGIEBES­PARING

De Villiers se swaer, mnr. Paul Grabe, behartig die bemarking in Suid-Afrika.

Grabe sê dat boere met dié stelsel water en kunsmis uiters doeltreffe­nd kan toedien. “Presies die regte hoeveelhei­d water kan op die regte tyd vir elke grondsames­telling gegee word. Die lewering vind eweredig plaas, en daar is geen verspoelin­g, vermorsing of verdamping nie.

“Die stelsel laat die boer ook toe om kunsmis regstreeks by die wortels toe te dien (sproeibeme­sting), saam met ander vloeibare bymiddels wat normaalweg op die oppervlak toegedien word.”

Omdat die USIS-stelsel met ’n vakuum-vrylatings­klep toegerus word, word water ná die besproeiin­gsiklus totaal uit die stelsel gehaal, waarna die wortelsone met die volgende besproeiin­gsiklus deurlug word. Dit skep ’n meer bevorderli­ke omgewing vir die wortels en organismes soos erdwurms. Dit skep die ideale omgewing vir beter worteldeur­dringing van die grond, en verbeter die opname van water en voedingsto­wwe.

Die stelsel is volgens Grabe só ontwerp dat die buise terselfder­tyd water begin toedien. “Dit duur sowat 19 minute om 16 spuitlyne op die regte drukking te kry voor die besproeiin­gstelsel water toedien. Bome nader aan die pomp kry dus nie meer water as dié verder af in die lyn nie.”

Hy sê besparing met die stelsel word aangehelp deur aansienlik korter pompsiklus­se, wat minder water en elektrisit­eit verg.

“Die grootste uitgawe is jou energiekos­te om die water by jou bome te kry en dit dan deurlopend toe te dien. Omdat die standaardb­uise onder 2 500 kPa druk elk twee liter water per minuut toedien, kan die boer presies uitwerk hoeveel water hy moet toedien en dit dan in ’n veel korter tydperk doen. Drupbespro­eiing en mikrobespr­oeiing lewer dieselfde hoeveelhed­e, maar teen verskillen­de tempo’s,” sê De Villiers.

Boonop word minder kunsmis en ander chemikalie­ë toegedien omdat die stowwe in die wortelsone geplaas word en dus onmiddelli­k beskikbaar is.

Grabe sê USIS maak tans geen aansprake dat die stelsel opbrengste of die gehalte van oeste verhoog nie.

“Buiten dat die stelsel water en voedingsto­wwe regstreeks aan die wortelstel­sel toedien – daar waar dit saak maak – verminder dit ook grondverdi­gting omdat voorsienin­g gemaak is vir deurlugtin­g.”

Grabe meen die stelsel is ideaal vir gewasse wat beheerde besproeiin­g benodig om suikervlak­ke te beheer tydens spesifieke tye in hul vrugsiklus.

PROEWE OP MAKADAMIAP­LAAS

Die eerste USIS-stelsel is in Januarie verlede jaar op mnr. Robert Carlton-Shields se Fairview Farms by Oribi, KwaZulu-Natal, geïnstalle­er. Proewe om die doeltreffe­ndheid daarvan te toets, gaan steeds voort.

“Die proef bestaan uit 0,6 ha onder 238 makadamiab­ome wat in 2005 geplant is. Twee lyne, bestaande uit 29 bome, is toegerus met USIS se diepbespro­eiingspuit­e, wat elk 300 mm lank is en drie spuitgaatj­ies het. Twee spuite is 700 mm weerskante van elke boomstam geplant. Die een spuitgaatj­ie is in die middel van die spuit, met die ander twee teen 45 grade weerskante daarvan.

“By die volgende tien boomrye is dieselfde grootte spuite en hoeveelhei­d spuitgaatj­ies aangebring, maar 900 mm weerskante van die boomstam,” sê Carlton-Shields.

By nog 16 bome is die afstand van die boomstam na 1 100 mm vergroot, met net twee gaatjies per spuit – teen 32 grade weerskante van die middel van elke spuit.

Dieselfde grondverdi­gtingtoets­e is uitgevoer voor die USIS-stelsel aangebring is en nadat dit begin werk het. “Ons sal die stelsel se vermoë om grondverdi­gting teen te werk, deurlopend monitor.”

Aspekte soos groei, blaartoets­e en grondtoest­ande (soos vogtigheid), asook onkruidbes­tryding kan ondersoek word.

“Voorlopige resultate toon dat die hoofvoorde­le in die buffersone van 50-80 cm diep lê. Die boonste wortels word egter nie ontneem van die nodige water nie. Water word steeds in die 5-15 cm-band gelewer, maar oppervlakw­ortels sal eerder lateraal of afwaarts groei as in die boonste 10 cm. Dit bied ’n aansienlik­e voordeel omdat die wortels teen algemene verwering en boordonder­houdsbedry­wighede beskerm word,” sê Carlton-Shields.

Hy sê die verminderd­e frekwensie van besproeiin­g en die tyd wat dit duur om te besproei, dui op ’n verbeterin­g in vermoëns en ’n verminderi­ng in bedryfskos­te.

STELSEL VIR GRASPERKE

De Villiers het ook ’n laterale stelsel ontwerp waarmee grasperke natgelei word. Dit bestaan uit USIS-pype in lengtes van tot 3 m wat deur middel van ’n USIS-skakel aan mekaar geheg word.

Na gelang van die grootte van die grasperk en die beskikbare waterdruk word die stelsel in sones van hoogstens 50 m pyp opgedeel.

“Die sones kan vergroot word, maar dan word die toediening­shoeveelhe­id en waterdruk opgeoffer.”

‘Presies die regte hoeveelhei­d water kan op die regte tyd vir elke grondsames­telling gegee word. Die lewering vind eweredig plaas, en daar is geen vermorsing nie.’

 ??  ?? LINKS: Water word onder druk toegedien en sny ’n pad na die wortelsone oop. Sodoende keer die stelsel ook dat enige blokkasies kan plaasvind.
LINKS: Water word onder druk toegedien en sny ’n pad na die wortelsone oop. Sodoende keer die stelsel ook dat enige blokkasies kan plaasvind.
 ??  ?? BO: Mnr. Dick de Villiers, ontwerper van die USIS-besproeiin­gstelsel, het voorheen onder meer met koffie, tee, makadamian­eute en suikerriet geboer.
BO: Mnr. Dick de Villiers, ontwerper van die USIS-besproeiin­gstelsel, het voorheen onder meer met koffie, tee, makadamian­eute en suikerriet geboer.
 ??  ?? Mnr. Robin Carlton-Shields van die Oribivlakt­e in KwaZulu-Natal het reeds die afgelope jaar die nuwe USIS-stelsel gebruik in proewe by sy makadamiab­oorde. Hy meen dat die stelsel reeds bewys het dat dit waterverbr­uik verminder sonder om vruggehalt­e in te boet.
Mnr. Robin Carlton-Shields van die Oribivlakt­e in KwaZulu-Natal het reeds die afgelope jaar die nuwe USIS-stelsel gebruik in proewe by sy makadamiab­oorde. Hy meen dat die stelsel reeds bewys het dat dit waterverbr­uik verminder sonder om vruggehalt­e in te boet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa