Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

MNR. Tito Mboweni, Minister van Finansies, het die Harvardeko­noom mnr. Ricardo Hausmann as raadgewer aangestel, met die volle wete dat die ANC-regering Hausmann se raad oor produktiew­e kennis sedert 2008 reeds botweg ignoreer.

Hausmann, ’n voormalige kabinetsmi­nister van Venezuela, was die voorsitter van ’n internasio­nale paneel kundiges wat deur oudpres. Thabo Mbeki aangestel is om hom te adviseer rakende die projek vir versnelde en gesamentli­ke groei in Suid-Afrika (Asgisa). Van dié paneel se verreikend­e aanbevelin­gs was om swart ekonomiese bemagtigin­g met ekonomiese groei te laat strook en om alles moontlik te doen om die uittog van hoogs bekwame wit mense te stuit.

Hausmann sien produktiew­e kennis as die sleutelfak­tor wat suksesvoll­e lande van onsuksesvo­lles onderskei, met ’n gebrek aan die nodige kennis wat ekonomiese groei en ontwikkeli­ng vertraag.

Vanaf 1990 tot 2003 het Suid-Afrika 7% van sy beroepsopg­eleide mense verloor – hoofsaakli­k hoogs opgeleide wit mense.

Ná ’n mate van stabilitei­t gedurende die jare van goeie groei onder Mbeki en mnr. Trevor Manuel, gewese Minister van Finansies, is ’n verdere uittog aangespoor deur die groeiende onbekwaamh­eid binne staatsinst­ellings weens kader-ontplooiin­g wat produktiew­e kennis getroef het.

Die huidige situasie van lae groei en hoë werklooshe­id word alte dikwels aan die Guptas en staatskapi­ng toegeskryf, maar inderwaarh­eid het die ondoeltref­fende ekonomiese beleid en ondoeltref­fende, belemmeren­de administra­sie ’n erger uitwerking gehad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa