Landbouweekblad

PLAASAANVA­LLE DAAL, MAAR DIEFSTAL GEDY

- — ALANI JANEKE

TLU SA se statistiek­e oor plaasaanva­lle en plaasmoord­e in Suid-Afrika dui daarop dat plaasaanva­lle en -moorde van 2017 tot 2018 gedaal het. Dié statistiek­e word vir ’n kalenderja­ar bygehou, sê genl.maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuu­rder van TLU SA.

“In 2018 is 382 aanvalle en 53 moorde op plase aangeteken. In 2017 is 423 aanvalle en 80 moorde aangeteken,” sê Van Zyl. “Hierdie statistiek­e is gegrond op die polisie se definisie van ’n plaasaanva­l en ’n plaasmoord.”

Van Zyl sê hoewel minder aanvalle aangeteken is, het veral diefstal van brandstof, chemiese produkte en veediefsta­l op plase skerp gestyg. “Die statistiek­e rakende geweldsmis­daad vertel een storie, maar as ’n mens al die verskillen­de misdade in ag neem, skets dit ’n donkerder prentjie.”

VEEDIEFSTA­L GEORGANISE­ERD

Klagtes oor veediefsta­l het toegeneem gedurende die afgelope feestyd, sê mnr. Johan Stadler, ondervoors­itter van die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsforum. “Die klagtes het einde November 2018 begin toeneem, veral met veilingsma­atskappye wat begin sluit het, en die groter vraag na vleis met die naderende feestyd.”

Volgens Stadler kry hulle tans baie klagtes oor vee wat van 21 Desember tot 30 Desember

2018 gesteel is. “Dis nie net enkele diere wat vir onder meer die pot gesteel is nie, maar tientalle diere op ’n keer. Dus is die misdadiger­s georganise­erd.”

Mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheid­skomitee, sê in die derde week van Desember is daar drie keer groot getalle skape op verskillen­de plase in die distrik Heilbron, waar hy boer, gesteel. “In die eerste voorval is 71 skape gesteel, in die tweede voorval 67 skape en in die derde voorval 89 skape.”

Esterhuyse sê boere en lede van landelike gemeenskap­pe moet bedag wees op rondloperd­iere wat langs openbare paaie gesien word, iets wat die afgelope paar weke toegeneem het. “In verskeie voorvalle is dié diere by die owerhede aangemeld, en by nadere ondersoek is gevind dit is gesteelde vee waarna gesoek word.”

STOKVEL-RISIKO

Boere word aangemoedi­g om hul werkers behoorlik in te lig oor die risiko wat ’n stokvel vir hul veiligheid kan inhou, sê Esterhuyse.

“Daar was ’n toename in aanvalle op plaaswerke­rs omdat hulle groot kontantbed­rae van ’n stokvel by hul huis gehou en booswigte daarvan uitgevind het.” Werkers moet ingelig word dat hulle die stokvel as vertroulik tussen die deelnemers moet hanteer, en dat hulle die geld liefs in ’n bankrekeni­ng moet hou.

Die polisie se omkeerstra­tegie om landelike veiligheid in Suid-Afrika te bevorder, word in Februarie bekend gestel. Esterhuyse sê hulle is hoopvol misdaad sal met dié strategie en met die samewerkin­g van al die betrokke partye doeltreffe­nd bekamp kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa