Landbouweekblad

Minimum loon: Dítmoetjyw­eet

- — VIDA BOOYSEN

BOERE moet kennis neem van die nuwe maatreëls wat geld met die inwerkings­telling van die nasionale minimum loon op 1 Januarie 2019. 1. Die minimum loon vir plaas-

werkers. Plaaswerke­rs moet voortaan R18 per uur (90% van die minimum loon) ontvang. Dié loon gaan oor ’n tydperk van twee jaar tot 100% van die vlak van die nasionale minimum loon verhoog word. 2. Die minimum loon vir huiswerker­s in plaashuise. Dit is ook R18 per uur en nie R15 per uur soos vir ander huiswerker­s geld nie. Dit is omdat hierdie werkers ook as plaaswerke­rs geag word, sê me. Elize van der Westhuizen, direkteur van die arbeidskon­sultant Comply Plus. “Plaaswerke­rs sluit alle werkers in wat hoofsaakli­k in verband met plaasaktiw­iteite in diens geneem word, asook huiswerker­s wat in ’n huis op ’n plaas werk.” 3. Vrystellin­g van die minimum loon. Werkgewers kan aansoek doen om kwytskeldi­ng vir ’n spesifieke tydperk, maar dit sal nie langer as ’n jaar geldig wees nie. Dis nog nie duidelik op watter grondslag sulke kwytskeldi­ng toegestaan word nie, want die minister moet nog die regulasies publiseer

wat verduideli­k in watter gevalle vrystellin­g sal geld. Aansoeke kan ingevolge die Department van Arbeid se kwytskeldi­ngstelsel by nmw.labour.gov.za gedoen word.

4. Werkgewers wat minder as die minimum loon betaal. Ingevolge onlangse wysigings aan die Wet op Basiese Diensvoorw­aardes (Wet 75 van 1997) kan werkgewers wat nie die minimum loon betaal nie, beboet word.

Die boete vir ’n eerste oortreding kan dubbeld die waarde van die onderbetal­ing wees, of dubbeld die werknemer se maandeliks­e loon, watter een ook al die grootste bedrag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa