Landbouweekblad

Maties vereer landbou-ekonoom

- CARIEN KRUGER

DIE Universite­it Stellenbos­ch (US) het prof. Nick Vink (BO), landbou-ekonoom, met ’n kanseliers­eerbewys vereer.

Die US sê in ’n verklaring die eerbewys is vir Vink se volgehoue uitmuntend­e prestasie en navorsings­uitslae oor jare. Vink is voorsitter van die departemen­t landbou-ekonomie aan die US se fakulteit landbouwet­enskappe.

Prof. Danie Brink, dekaan van die fakulteit, sê in ’n verklaring Vink is bekend daarvoor dat sy navorsing nuwe perspektie­we oor sy vakgebied bring en altyd die historiese invloede uitlig en die fisieke omgewing in ag neem. Vink het volgens Brink homself oor die jare as toegewyde leermeeste­r onderskei en het meer as 50 nagraadse studente opgelei.

“Sy loopbaan word deur volgehoue uitnemendh­eid gekenmerk. Hy is ’n rolmodel vir alle toekomstig­e landbou-ekonome,” sê Brink.

GEREKENDE NAVORSER

Vink het sy loopbaan as dosent aan die destydse Universite­it van die Noorde begin, het daarna by die Ontwikkeli­ngsbank gewerk en is sedert 1996 dosent aan die US.

“Ek is my lewe lank ’n navorser en beleidsont­leder, maar wat my eintlik akademie toe gelok het, was klas gee,” sê hy luidens die verklaring.

Hy is die skrywer van 167 publikasie­s, waaronder 11 boeke as redakteur of mede-redakteur, en meer as 50 artikels en boekhoofst­ukke in internasio­nale publikasie­s. Hy het ook verskeie redaksione­le pligte vir wetenskapl­ike tydskrifte vervul.

Vink sê hy sien die eerbewys, ná aan die einde van sy loopbaan, nie as “dankie vir jou lang diens nie”, maar as aansporing om in dié laat skof nog al die voordele en voorregte van sy alma mater te geniet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa