Landbouweekblad

Nóg navorsing nodig oor nuwe skorsiesie­kte

- — JOHAN VAN DER MERWE

’N Moontlik skadelike bakteriese siekte by skorsies is op ’n plaas in die noorde van die land ontdek, en die bedryf span nou saam om proaktiewe oplossings daarvoor te vind en verspreidi­ng te keer.

Dr. Teresa Goszczynsk­a van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se plantgeson­dheid-en-beskerming­safdeling het die patogeen wat die siekte veroorsaak, geïdentifi­seer as ’n bakterie, Pseudomona­s syringae pv. syringae. Omdat dié familie bakterieë so divers is, word nog nie algemeen in die bedryf aanvaar dat dit wel dié spesie is nie, en nog navorsing is nodig.

Die bestryding van dié bakterie is ook nog nie ondersoek nie, maar volgens me. Wilmarie Kriel, senior plantpatol­oog by Starke Ayres Seed, moet produsente die normale sanitasieb­eginsels toepas en keer dat oornat toestande voorkom of skorsies onnodig onder stres verkeer.

“Oorbemesti­ng met stikstof en insekskade moet ook vermy word. Die herkoms, verspreidi­ng en oorsaak van die besmetting met hierdie bakterie moet nog bepaal word. Die besmetting is op ’n enkele plaas gewaar en dit is dus nie ’n epidemie nie,” sê sy.

SKADE MOONTLIK

Volgens die LNR kan hierdie bakterie aansienlik­e skade aanrig in ’n skorsielan­dery, maar bestryding­smaatreëls moet nog geformulee­r word. Hoewel koper vir die meeste bakteriese siektes voorgeskry­f word, twyfel Kriel of hierdie bakterie slegs deur koperbehan­deling gestuit kan word, omdat koperweers­tandigheid reeds in baie stamme van hierdie spesifieke bakteriefa­milie bevestig is.

“Hierdie is nie ’n pas ontdekte bakterie nie, maar die siekte wat dit by skorsies veroorsaak het, is nuut en onbekend by skorsies,” verduideli­k Kriel. Sy sê die bedryf samel tans meer data oor die siekte in en aksieplann­e sal na gelang daarvan ontwikkel word.

Die vroeë simptome van die siekte is nog onbekend omdat die oorsaak nog bepaal moet word, maar Kriel vermoed dit is klein, waterige vlekke op die skil van die skorsies. By volwasse skorsies met gevorderde besmetting is die simptome groot, waterige vlekke en skorsies wat aan die binnekant vrot.

Indien skorsieboe­re bekommerd is dat dié siekte moontlik op hul plase uitgebreek het, kan hulle ’n e-pos stuur aan Kriel by Wilmarie@starke ayres.co.za of Goszczynsk­a by Goszczynsk­aT@arc.agric.za.

 ?? FOTO’S: WILMARIE KRIEL, STARK AYRES ?? Buiten die groot, geel, waterige vlekke wat die skorsiesag­tevrot veroorsaak, veroorsaak dit ook verrotting van die skorsie se interne weefsel (INLAS).
FOTO’S: WILMARIE KRIEL, STARK AYRES Buiten die groot, geel, waterige vlekke wat die skorsiesag­tevrot veroorsaak, veroorsaak dit ook verrotting van die skorsie se interne weefsel (INLAS).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa