Landbouweekblad

ROOFDIERE WOON LEKKER OP PLASE

- — TISHA STEYN

Die voorkoms en aantal roofdiere – veral jakkalse en rooikatte – op plase in die Sentraal-Karoo word nie deur veeboere se bekampings­maatreëls beïnvloed nie, is die verrassend­e bevindings van navorsing vir ’n doktorsgra­ad.

Me. Marine Drouilly van Frankryk, wat haar studie aan die Universite­it van Kaapstad voltooi het, het van 2012 tot 2015 navorsing op sowat 160 000 ha in die Sentraal-Karoo gedoen. Die navorsing is uitgevoer op 22 aangrensen­de plase in die Koup, waar hoofsaakli­k met skape (Dorpers en Merino’s) en Boerbokke en Angorabokk­e geboer word (sowat 144 teelooie per 1 000 ha), en Kaapse Natuurbewa­ring se Anysberg-natuurrese­rvaat sowat 40 km suidwes van die Koup.

Die gebied val binne die Nama-Karoo, met kenmerkend­e yl plantegroe­i wat struikgewa­sse en gras insluit. Die topografie sluit vlaktes met droë rivierbedd­ings en heuwels in, en die gebied word deur berge begrens.

Drouilly wou vasstel wat die invloed van ekstensiew­e kleinveebo­erdery op die verskeiden­heid, verspreidi­ng en getalle van roof- dier- en ander wildsoorte op die veeplase is deur dit te vergelyk met die spesies wat in die beskermde gebied voorkom. Die volgende aannames is gemaak: ’n Kleiner verskeiden­heid wildspesie­s kom op plase voor. Minder wild kom op plase voor weens die mens se versteurin­g van die omgewing. Karnivore wat deur boere “vervolg” word omdat hulle vee vang, kom in kleiner getalle op plase voor. Groter soogdiere kom in groter getalle in die bewaringsg­ebied voor. Kameras wat in die veld opgestel is, het die voorkoms van diere vasgelê, en die versamelin­g en ontleding van mis het die kamerabevi­ndings bevestig.

Onder die belangrike bevindings wat die aannames weerspreek, is dat daar geen beduidende verskil gevind is in spesievers­keidenheid of die aantal diere tussen die plase en die bewaringsg­ebied nie. Volgens Drouilly was dit ’n nog groter verrassing dat die teenwoordi­gheid van vee nie een van die wildspesie­s nadelig geraak het nie.

Hoewel ’n hoë graad van menslike bedrywighe­de ’n nadelige uitwerking op talle wildspesie­s het, het die betreklik min menslike

aktiwiteit­e op die spesifieke plase en in die bewaringsg­ebied baie min of geen invloed op die aantal spesies se teenwoordi­gheid gehad.

Omgewingsf­aktore, soos die topografie, het wel ’n invloed op die verspreidi­ng en aantal spesies gehad met meer diere wat in laagliggen­de gebiede voorgekom het, veral in oewerbos langs rivierbedd­ings.

In teenstelli­ng met die derde aanname is bevind dat feitlik ewe veel karnivore in die bewaringsg­ebied en op plase voorkom, al beheer boere veral jakkalsget­alle op die plase.

Daar het meer rooikatte op die plase voorgekom as in die bewaringsg­ebied. Dit kan moontlik toegeskryf word daaraan dat rooikatte meer gevoelig is vir die teenwoordi­gheid van luiperds, wat in hoërgeleë gebiede in die bewaringsg­ebied voorkom.

Die enigste aanname wat korrek was, is dat meer groter soogdiere in die bewaringsg­ebied as op plase voorkom, terwyl omnivore, insektivor­e en klein- en mediumgroo­tte spesies ewe lekker, of selfs lekkerder, op plase as in die bewaringsg­ebied leef.

BRON: Drouilly, M., Clark, A. en O’Riain, M.J., 2018. Multi-species occupancy modeling of mammal and ground bird communitie­s in rangeland in the Karoo: A case for dryland systems globally.

 ?? FOTO: KAI FITCHEN ?? Die doktorale student me. Marine Drouilly sit ’n GPS-halsband om ’n rooikat se nek in die Anysbergna­tuurreserv­aat.
FOTO: KAI FITCHEN Die doktorale student me. Marine Drouilly sit ’n GPS-halsband om ’n rooikat se nek in die Anysbergna­tuurreserv­aat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa