Landbouweekblad

SAAILINGSI­EKTES BEÏNVLOED VESTIGING VAN SONNEBLOM

- SANDRA LAMPRECHT

Die swak vestiging van sonneblomm­e is ’n belangrike beperking op sonneblomp­roduksie in Suid-Afrika. Hoewel dit bekend is dat die lewenskrag­tigheid van saailinge, saadbedvoo­rbereiding en grondtempe­rature saailingve­stiging kan beïnvloed, was daar voor 2014 feitlik geen inligting oor die rol van saailingsi­ektes by die swak vestiging van sonneblomm­e beskikbaar nie.

Die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Plantbeske­rming (IPB) het ’n projek van stapel gestuur om die voorkoms van saailingsi­ektes by sonneblomm­e in die hoofproduk­siegebiede te ondersoek en vas te stel in watter mate die standaards­aadbehande­ling die verskillen­de patogene organismes wat met die siektes verbind word, kan bekamp.

Proewe met behandelde en onbehandel­de saad is in die Vrystaat, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga gedoen.

Opnames is in die proewe en landerye in hierdie provinsies gedoen. Saailinge met siektesimp­tome, soos letsels op saadlobbe en hipokotiel­e, en wortelvrot, is vir verdere ontledings geneem. Verdwergde saailinge het algemeen voorgekom. Dié saailinge het dikwels wortelvrot­simptome of beperkte wortelontw­ikkeling getoon.

Ontledings het getoon dat daar ’n groot verskeiden­heid patogenies­e swamme met die siektesimp­tome verbind word en dat daar dikwels meer as een patogene organisme met dieselfde simptoom verbind word.

’n Groot verskeiden­heid patogene organismes, wat spesies in die groepe Alternaria (2 spesies), Bipolaris (5 spesies), Colletotri­chum (2 spesies), Curvularia (5 spesies), Diaporthe (4 spesies), Fusarium (24 spesies), Macrophomi­na (1 spesie), Phoma (6 spesies), Pythium (6 spesies) en Rhizoctoni­a (13 anastomose-groepe) insluit, het voorgekom.

Dit was ook interessan­t dat sekere van die patogene organismes slegs in sekere produksieg­ebiede voorgekom het, en dat die voorkoms van die organismes ook duidelik deur die wisselbous­telsels beïnvloed is.

Kweekhuisp­roewe wat gedoen is met die swamme wat geïsoleer is, het getoon dat spesifieke patogene organismes met sekere simptome verbind word.

Dit was ook duidelik dat van die organismes, veral in die Fusarium-, Pythium -en Rhizoctoni­a-groepe, ook vooropkoms-saailingaf­sterf veroorsaak het.

Kweekhuisp­roewe het getoon dat sekere van die patogene nie doeltreffe­nd met die standaards­aadbehande­ling beheer word nie. Dit is dus belangrik om ook ander middels vir beheer van die mees virulente patogene te toets.

Daar word beoog om sowel chemiese as biologiese middels onder kweekhuist­oestande te evalueer.

Doeltreffe­nde saadbehand­eling is ’n belangrike komponent van ’n geïntegree­rde siektebehe­erprogram en kan tot bevorderin­g van volhoubare sonneblomp­roduksie bydra.

— NAVRAE: Dr. Sandra Lamprecht, spesialis-navorser by die LNR se NIPB, e-pos: LamprechtS@arc.agric.za; tel. 021 887 4690/1.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? BO: ’n Sonneblom. LINKS: Dr. Sandra Lamprecht
FOTO: VERSKAF BO: ’n Sonneblom. LINKS: Dr. Sandra Lamprecht
 ??  ?? Letsels op die hipokotiel.
Letsels op die hipokotiel.
 ??  ?? Wortelvrot.
Wortelvrot.
 ?? FOTO’S: SANDRA LAMPRECHT ?? LINKS: Beperkte wortelontw­ikkeling.
FOTO’S: SANDRA LAMPRECHT LINKS: Beperkte wortelontw­ikkeling.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa