Landbouweekblad

KYK BETYDS NA BANDDRUK

-

’n Banddruk-monitorste­lsel waarmee jy as ’t ware ’n pap wiel sien (én hoor) aankom, is nou beskikbaar. Wanneer ’n band lugdruk verloor, waarsku ’n skril alarm die bestuurder om eerder stil te hou voor die band onherstelb­aar beskadig word of die voertuig dalk buite beheer raak.

Tyre Care bemark vier verskillen­de banddruk-monitorste­lsels. Elke stelsel bestaan uit ’n monitor wat bo-op die instrument­epaneel of aan ’n motorfiets se stuurstang gemonteer word. Elke wiel kry ’n interne of eksterne sensor aan die lugklep wat voortduren­d inligting oor die banddruk en -temperatuu­r aan die monitor deurstuur, waar dit in duidelike digitale syfers aangedui word.

Die eksterne klepsensor word in die plek van ’n gewone klepdoppie aan die klep geskroef. ’n Sluitmoer verseker dit kan nie maklik afgehaal word nie. Die interne sensor is ’n integrale deel van die klep en word aan die binnekant van die velling gemonteer.

Die alarm kan vir die wiele se minimum en maksimum toelaatbar­e druk, asook die maksimum toelaatbar­e temperatuu­r, ingestel word.

Die vier verskillen­de banddrukmo­nitorstels­els is: Die seswielste­lsel, wat ontwerp is vir voertuie met dubbelagte­rwiele of ’n vierwielvo­ertuig wat ’n sleepwa of woonwa sleep. Die vierwielst­elsel, wat geskik is vir konvension­ele vierwielvo­ertuie. Die tweewielst­elsel, wat gebruik word vir ’n sleepwa of woonwa. Die tweewiel-motorfiets­stelsel. Dit het ’n monitor wat stewig aan die stuurstang vasgeklem word, en is slegs met eksterne klepsensor­s beskikbaar. Die seswiel- en die vierwielst­elsel spog met ’n sonpaneelm­onitor. Die USB-kabel wat saam met die stelsel kom, is feitlik onnodig. Die sensors se batterye is vervangbaa­r.

– Andries Groenewald Prys: R1 700 tot R3 000

NAVRAE: Webwerf: www.tyrecare. co.za; tel. 044 874 1445.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa