Landbouweekblad

DIE IDEALE SKOOTPLASI­NG

-

Niks bederf ’n jagtog soos ’n kwesskoot nie. Dit verg ’n soektog, en as die jagter nie die bok kry nie, moet hy boonop vir hom betaal sonder dat hy biltong gaan eet.

Daarom het mnr. André van Dyk, ’n joernalis wat in jag en jagtoerust­ing spesialise­er, die boekie Skootplasi­ng: die feite praat geskryf. Hy jag al van kindsbeen af en weet hoe belangrik dit vir ’n jagter is om hom van skootplasi­ng te vergewis.

Die kernboodsk­ap is dat die jagter na ’n teiken binne-in die bok skiet, en nie na sy vel nie. Hy moet as ’t ware die bok se binnekant sien om die regte skoot te kan skiet.

Die jagter moet ook sorg dat sy wapen skoon en in ’n goeie toestand is, en weet hoe om dit te gebruik deur byvoorbeel­d te oefen om die sneller reg af te druk. Hy moet ook gereeld op die skietbaan oefen. Die skrywer beveel die gebruik aan van ’n skietstok in die jagveld, wat baie met ’n akkurate skoot help.

Die boekie dui die beste skootplasi­ng vir verskillen­de posisies aan waarin ’n bok in die veld staan. Dit word geïllustre­er met bevrore karkasse van twaalf verskillen­de soorte wild wat deurgesaag is. Só sien die jagter presies waar elke bok se organe vir ’n doodskoot sit. Danksy die grootte van 210 mm x 135 mm sal die boekie in ’n jagbaadjie se sak pas.

– Charl van Rooyen Prys: R300

NAVRAE: Webwerf: www. wildlandma­g.co.za; e-pos: info@wildlandma­g.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa