Landbouweekblad

KAP SELF JOU ROOIBOSTEE FYN

-

Rooibostee was die afgelope twee jaar skaars, en verwerkers en verpakkers was minder streng met die grade van tee wat hulle inkoop. Die hoë prys het egter vir heelwat aanplantin­gs gesorg. Verwerkers laat blyk reeds hulle gaan strenger wees oor die standaard van die tee wat hulle inneem.

Indien jy dus self jou tee verwerk voor jy dit aan ’n verpakker stuur, is die nuwe Bovic 4 die ideale teekapper om te verseker jou tee word eenvormig en haarfyn gekap met ’n skoonopbre­ngs van tot 90%, sê mnr. Fanie Smit, ’n ingenieur van Graafwater wat dié masjien ontwerp en gebou het.

Omdat die masjien hoogs verstelbaa­r is, word ’n presiese snit deurlopend verkry. ’n Enkele masjien kan 2,5 ton tot 2,8 ton rooibostee per uur verwerk.

Die masjien se dryfas kan deur ’n driefase- elektriese motor van 22 kW aangedryf word, of die masjien kan omgebou word om deur ’n trekker se kragaftakk­er aangedryf te word. Die lengtesnit wat die masjien maak, word deur ’n 1,5 kW-motor met ’n veranderli­kespoed-ratkas aangedryf.

Die masjien verg min onderhoud, solank die vier snylemme skerp gehou word. Die masjien se onderdele is alles plaaslik beskikbaar.

Smit het die afgelope twee jaar reeds bykans 40 van dié masjiene verkoop. – Johan van der Merwe Prys: Op aanvraag

NAVRAE: E-pos: sandveld@trusc. co.za; tel. 027 422 1019.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa