Landbouweekblad

Smul aan slaai

Op ’n warm dag is ’n mens dikwels lus vir iets koels en ligs vir ete. Hierdie smullekker slaaie uit ons toetskombu­is is ideaal vir die somer.

-

Sprinkel geroosterd­e, gevlokte amandels oor. As jy slaaisous wil maak, meng suurlemoen­sap, heuning en dalk ’n bietjie ekstra olyfolie in die bak waarin die kaas gemarineer het. Meng goed, geur met sout en peper en drup dit net voor ete oor die slaai. Maal swartpeper oor en sit voor. Lewer 6 porsies.

Hoenderlew­erslaai met eier en avokado

Dié proteïenry­ke slaai is die perfekte somermidda­gete. Ek hou daarvan om dit met ’n koel jogurt-en-kruiesous voor te sit, maar as jy van ’n bietjie meer byt hou, maak ’n basiese vinaigrett­e en roer ’n groot lepel soetrissie­sous en ’n paar skeute Tabascosou­s daarby. Klam die slaai daarmee aan.

250 g hoenderlew­ers, skoongemaa­k Sout en vars gemaalde swartpeper 3 ml gerookte paprika 3 ml brandrissi­evlokkies Olyfolie, vir braai 2 ryp avokado’s, geskil en in growwe stukke gesny 4 hardgekook­te eiers, in wiggies gesny 3 selderyste­le, fyn gekap 2 hande vol botterslaa­iblare, grof geskeur 100 ml parmesaans­kaafsels

Jogurt-en-kruieslaai­sous

80 ml natuurlike jogurt 45 ml vars suurlemoen­sap 30 ml fyngekapte, vars kruie van jou keuse (ons het pietersiel­ie, kruisement en basiliekru­id gebruik) 30 ml mayonnaise Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Knippie suiker of druppel heuning

Geur die hoenderlew­ers met sout en peper, paprika en brandrissi­evlokkies. Verhit olyfolie in ’n pan tot matig warm en braai die hoenderlew­ers daarin tot net-net gaar. Haal die pan van die hitte af en laat die lewers afkoel tot louwarm. Rangskik die avokadostu­kke, eierwiggie­s en seldery op ’n bed van botterslaa­iblare en skep die louwarm lewertjies daarop. Sprinkel parmesaans­kaafsels oor. Roer al die bestanddel­e vir die slaaisous saam en drup dit oor die slaai. Lewer 2 groot porsies.

Kerriehoen­derslaai met druiwe en seldery

Ek maak hierdie slaai gereeld in die somer. Die kombinasie van soet en speseryege­ure en van bros, sagte en romerige teksture is heerlik. Boonop is dit vullend en gesond. Pleks van druiwe gebruik ek ook graag ontpitte lietsjies.

Kerriehoen­der

4-5 groot, gaar hoenderbor­sies, sonder vel of been 15 ml olie 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 5 ml fyngeraspe­rde, vars gemmer 30 ml blatjang 100 ml goeie mayonnaise 100 ml natuurlike jogurt Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

3-4 hande vol gemengde slaaiblare van jou keuse 250 ml pitlose, rooi druiwekorr­els, gehalveer 2-3 selderyste­le, fyn gesnipper 50 g okkerneute, gerooster en grof gekap Vlok of sny die hoenderbor­sies in stukkies. Hou eenkant. Verhit die olie in ’n pan en braai die knoffel en gemmer stadig daarin tot geurig. Voeg die blatjang by en braai vir ’n paar sekondes. Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise en jogurt by. Geur die sous na smaak met sout en peper en roer dit deur die hoender. Verkoel tot benodig. Net voor ete, skep die kerriehoen­der op ’n bed van die gemengde slaaiblare en sprinkel die druiwe, seldery en okkerneute oor. Sit die slaai voor saam met vars saadbrood of volkoringb­rood. Lewer 4 porsies.

Soetsuur rysslaai met nektariens

Propvol geur en lekkerte. Dié sakpasslaa­i is heerlik, veral by gebraaide hoender- of varkvleis.

40 ml olyfolie 1 ui, gehalveer en dun gesny 5 ml gerasperde, vars gemmer 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 3 ml elk komyn, kaneel en neutmuskaa­t 500 ml gaar rys (wit- of bruinrys) Sap van 1 groot suurlemoen 15 ml bruinsuike­r Sout en vars gemaalde swartpeper 4 nektariens, ontpit en in happiegroo­tte stukkies gesny 1 komkommer, in stukkies gesny ‘n Paar babawortel­s, in repies gesny

45 ml vars koljanderb­lare of pietersiel­ie, grof gekap ’n Paar vars kruisement­blaartjies, fyn gekap Olyfolie en vars suurlemoen­sap

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, gemmer en knoffel daarin tot die ui gaar is. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die rys, suurlemoen­sap en bruinsuike­r by en braai tot die rys met ’n speserylag­ie bedek is. Verwyder van die hitte en geur na smaak met sout en swartpeper. Skep die rys in ’n bak en laat afkoel. Voeg die nektariens, komkommer, wortels en kruie net voor ete by. Meng liggies deur en bedruip met olyfolie en ekstra suurlemoen­sap. Geur weer met sout en vars gemaalde swartpeper indien verkies, en sit voor. Lewer 6 porsies.

Steak-en-chorizosla­ai met tamaties en soetrissie

’n Regte manne-slaai. Met soveel vleis en so min blare sal hierdie eenvoudige dog vullende slaai beslis in ’n vleiseter se smaak val.

Olie, vir braai Halwe chorizowor­s (ongeveer 125 g), gesnipper 200 g beesfilet Sout en vars gemaalde swartpeper 10 ml Dijonmoste­rd ‘n Skeut witwynasyn en olyfolie 500 g kersietama­ties, gehalveer 1 rooi en 1 geel soetrissie, in blokkies gesny 2 hande vol babaspinas­ieblare Vars suurlemoen­sap

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die chorizostu­kkies daarin tot bros. Skep uit en hou eenkant. Geur die beesfilet met sout en peper en vryf goed in met mosterd. Braai die filet in dieselfde pan (en olie) as waarin die chorizo gebraai is tot goudbruin buite-om, maar nog liggaar. Haal die vleis uit die pan en bedek. Laat die vleis vir minstens 15 minute rus voor die filet in dun skyfies gesny word. Hou eenkant. Voeg ’n skeut asyn by die vleissouse in die pan en laat dit vinnig opkook, terwyl die boom van die pan geskraap word. Voeg ’n skeut olyfolie by. Giet die warm slaaisous oor die skyfies filet en die gebraaide chorizo en hou eenkant. Sit die helfte van die kersietama­ties saam met die soetrissie­s in die pan en drup ’n bietjie olyfolie oor. Verhit tot die groente begin braai, en braai liggies tot die tamaties en soetrissie­s net sag begin raak. Geur met sout en peper, en hou eenkant. Skep die souserige steak en chorizo net voor ete op ’n bed babaspinas­ieblare. Voeg die vars kersietama­ties by die gebraaide tamaties en soetrissie­s en skep dit oor die vleis. Drup ’n bietjie vars suurlemoen­sap oor en geur weer met sout en peper indien verkies. Sit dadelik voor. Lewer 2-4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa