Landbouweekblad

Wat beteken wense vir nuwe jaar?

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

My nuwejaarsw­ense vir jou is ’n daaglikse wandeling met God en ’n familieryk­dom waar God deel is van jou gesin.

Aan die begin van ’n nuwe jaar word nuwejaarsw­ense altyd uitgedeel. “Voorspoedi­ge Nuwejaar!” is sonder twyfel een van die elemente. Maar as die wens aan die eis van opregtheid wil voldoen, sal ons eerlik die volgende vraag moet beantwoord: Van watter soort voorspoed praat ons nou eintlik? Is dit die gewone dinge wat ons in gedagte het?

Laat ons dadelik sê dié “gewone dinge” is glad nie onbelangri­k nie. ’n Gerieflike huis, goeie kos op die tafel en gesondheid om dit te geniet, ’n goeie werk om ’n inkomste te verseker, ’n gelukkige gesinslewe . . . Só kan ons voortgaan en die lys van “gewone dinge” langer maak.

Vir baie mense is hierdie dinge, wat ons meermale as vanselfspr­ekend beskou, glad nie ’n gegewe nie. Ek voel uit my hart uit jammer vir jong mense wat op hul eie bene begin staan as ek dink hoe moeilik dit is om net die allernoods­aaklike te bekom. Ons kan gerus ook op hierdie vlak vir hulle ’n voorspoedi­ge nuwe jaar toewens.

As ons dit klaar gedoen het, het ons egter nog baie effens gedelf in die volledige betekenis van voorspoed. Groter en ryker as al hierdie dinge is ’n lewe gevul met die heerlike teenwoordi­gheid van die Gees van God. Teen hierdie agtergrond is my nuwejaarsw­ense vir jou dus ’n daaglikse wandeling met God en ’n familieryk­dom waar God deel is van jou gesin.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa