Landbouweekblad

JAPANSE BOERE SUKKEL OM HANDEARBEI­D TE BEKOM

- — VIDA BOOYSEN

DIE land wat robotte na motorfabri­eke gebring het, bewerk steeds op die outydse manier sy landerye. Dit sal minstens vir die afsienbare toekom só bly.

Volgens Bloomberg probeer Japan meer buitelande­rs werf om sy ouer wordende boere by te staan.

Japan se parlement het onlangs ten gunste van wetgewing gestem wat dit makliker sal maak vir werkers van ander lande om op plase in dié land handearbei­d te verrig. Dít is ondanks miljoene dollar se beleggings en steun van die Japanse regering vir hoëtegnolo­gie-ontwikkeli­ng in die landbousek­tor.

Maatskappy­e, soos Kubota en Panasonic, vervaardig robotte, hommeltuie en selfaanged­rewe trekkers om produktiwi­teit te verhoog. Maar dit kom teen ’n prys, sê Yasuji Kakuzaki (67), ’n tamatieboe­r van Chiba, oos van Tokio.

Hy verwelkom die aanpassing van wetgewing en het reeds vyf Viëtnamese werkers ingevolge vroeëre toegewings oor buitelands­e werkers in diens geneem. Tien jaar gelede het hy een werker uit Viëtnam aangestel toe die plaaswerk vir hom te veel geword het.

Dit was onmoontlik om Japannese te kry wat bereid is om vir die minimum loon te werk.

Sedertdien het hy sy plasie se grootte tot 0,8 ha uitgebrei. Sy arbeidskos­te beloop 10 miljoen jen (ongeveer R1,3 miljoen) per jaar en hy verdien sowat 50 miljoen jen (sowat R6,43 miljoen) uit sy tamatie-oes.

Een van sy Viëtnamese werkers, me. Tran Thi My (29), werk ses dae per week teen sowat 895 jen (sowat R115) per uur. Dit is genoeg dat sy ná drie jaar ’n huis kan koop, iets wat sy eers ná 15 jaar sou regkry as sy in Viëtnam self gewerk het.

Die Japanse regering verwag om van April vanjaar sowat 7 300 buitelands­e werkers in sy landbou-, gasvryheid­s- en maatskapli­ke dienssekto­r aan te stel.

Intussen het Panasonic reeds begin werk aan ’n robot wat tamaties kan pluk, maar dié tegno- logie sal eers teen 2020 gereed wees. Die Japanse slimtegnol­ogiemark vir die landbou sal in die huidige boekjaar na verwagting met 14% tot 14,7 miljard jen (amper R1,9 miljard) groei en in die volgende vyf jaar feitlik verdubbel, sê die Yano-navorsings­instituut in Tokio.

Die Japanse landbousek­tor het die afgelope dekade ’n merkbare afname in plaaswerke­rs getoon namate die land se bevolking verouder het. In 2005 was daar 3,3 miljoen mense in dié sektor in diens, maar dit het teen 2016 tot 1,9 miljoen gedaal, volgens panasonic.com.

Dit raak al hoe moeiliker om mense te kry wat bereid is om handearbei­d te verrig.

Met dié statistiek­e in gedagte het Panasonic sy outomaties­e tamatieplu­kker begin ontwikkel. Die robot beweeg op ’n spoor wat tussen die plante gelê is. Dit is toegerus met ’n kamera wat beelde kan herken en die tamaties tussen die blare kan opspoor. Hy kan ook onderskei tussen groen en ryp tamaties en kan geprogramm­eer word om dié wat ryp genoeg is, te pluk. Die pluk-aksie word met ’n ringetjie gedoen waardeur die tamatie getrek en dan van sy stingel afgeknyp word, sonder om aan die vrug self te raak.

Tans pluk die robot een tamatie elke ses sekondes, wat stadiger is as sy menslike eweknie se plukkoers van een tamatie elke twee of drie sekondes.

“Die robot kan egter tot tien uur lank aaneen werk, snags ook. Dit sal hopelik vir boere aanvaarbaa­r wees,” sê mnr. Ryo Toshima, ontwikkeli­ngshoof van die program by Panasonic.

 ?? FOTO: IGNIS ?? Werkers oes rys in Japan.
FOTO: IGNIS Werkers oes rys in Japan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa