Landbouweekblad

SPANJAARDE SUUR OOR SA SE LEMOENE

- — FREDALETTE UYS

Spanje beleef tans een van sy swakste uitvoerjar­e nóg en pak gedeelteli­k die skuld op Suid-Afrika “wat die mark volmaak”.

Dié land vra onder meer dat die ooreenkoms waarvolgen­s lemoene van Suid-Afrika na die Europese Unie uitgevoer word, hersien moet word aangesien ’n verlengde uitvoertyd­perk ly tot swakker pryse en ’n afname in verkope weens mededingin­g binne Europa.

Volgens mnr. Francisco Climent wat Cleminules in Spanje verbou, het Suid-Afrika se lemoene markte tot einde November oorstroom, “sonder enige fitosanitê­re beheer”. Hy sê Suid-Afrikaanse sitrus ding nou regstreeks met Spanje se sitrusseis­oen mee wat in Oktober begin. Daarby het die land ook probleme met onverwagte reën en ’n afname in vraag uit Europa.

Volgens ’n berig in Fruitnet was afgevaardi­gdes van die Suid-Afrika se Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye en verskeie sitrusprod­usente egter na ’n vergaderin­g met die Europese Unie einde November hoogs ontevrede omdat die unie glad nie streng swartvlekr­egulasies wil verander nie.

Suid-Afrika bestee volgens die Buro vir Voedsel en Landboubel­eid (BFAP) jaarliks R1,86 miljard aan voorkomend­e maatreëls teen swartvlek. Dit is nie volhoubaar nie. Die maatreëls vir plaagdoder­s is glo ook teenstrydi­g met ’n internasio­nale vraag na verminderd­e produksie van residu. Suid-Afrika het in 2018 nagenoeg 800 000 ton of 400 000 kartonhoue­rs sitrus na Europa uitgevoer waarvan slegs twee besendings vir swartvleks­imptome onderskep is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa