Landbouweekblad

OPTIMISME OOR NUWE JAAR

- — JOHAN NORVAL

Die Angusbeest­elersgenoo­tskap van Suid-Afrika sien met optimisme uit na vanjaar se veilingsei­soen ná veilingsve­rhandeling­s wat in 2018 aanvanklik ietwat traag verloop het.

Me. Linette van Niekerk van die genootskap in Bloemfonte­in sê ten spyte van die heersende moeilike politieke en weersomsta­ndighede, is telers baie optimistie­s oor die reeks amptelike veilings wat op 5 Junie in die Wes-Kaap begin.

Die Prestige-veiling van De Panne (mnr. Jannie Kotzé, Moorreesbu­rg) en Spoor (mnr. Leon van Rooyen, George) het verlede jaar gesorg vir ’n nasionale rekordprys van R150 000 vir ’n swart Angusbul (De Panne Internatio­nal No. 1). Die koper is mnre. Paul Coetzee (Nottingham Road) en Jaco Smit (Moorreesbu­rg).

’n Rekordprys vir ’n vers (nr. DE 16 022, R80 000), ook van De Panne, is op dieselfde veiling behaal. Die koper was mnr. Kobus Delport van Potchefstr­oom. Mnr. Roland Bouwer het ook op dié veiling R200 000 vir ’n koei (nr. DE 11 016) met haar kalf betaal, nou wel nie ’n rekordprys nie, maar die hoogste vir ’n Anguskoei in 2018, sê Van Niekerk.

Die daaropvolg­ende veilings wat reg oor die land aangebied is, het ’n verhoging van 6% op die gemiddelde bulprys getoon, met die gemiddelde prys wat tot R42 700 gestyg het.

Vroulike diere het ook goed verkoop, met pryse van R70 000 tot R80 000 vir koeie in die binneland.

Die Angusveili­ngsdatums vir vanjaar is op die webtuiste www. angus.org.za beskikbaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa