Landbouweekblad

SÓ WERK MAMRE SE INTENSIEWE LAMSTELSEL

-

Die skaapboerd­ery van dr. Karin en mnr. Manie Wessels word op 1 000 ha van hul plaas bedryf, maar die kampies waar die ooie voorberei word, lamhokke, kampe vir ooie met een en twee maande oue lammers, voerkraal en slaapplek waar al die skape snags gehou word om hulle teen diewe en roofdiere te beskerm, is op 10 ha.

Die ooie word in agt groepe van 230 elk ingedeel. Elke maand lam ’n groep ooie, en die eerste groep lam weer in die negende maand. Omdat hulle elke maand lammers kan verkoop, verminder hulle die uitwerking van prysskomme­lings.

Die ooie wat vir sinchronis­asie voorberei word, asook die ooie met lammers, bly heeltyd in kampies op die werf. Die dragtige ooie, ooie wat lammers gespeen het, en jong ooitjies wat uitgroei, is in die buitekampe met presisievo­er.

Voorbereid­ing van ooie. Die projek begin vier weke voor spons (sinchronis­asie). Die lammers is dan reeds gespeen, die ooie droog op en word gevoer om by die ramme te kom. Alle belangrike inentings en doserings word gedoen. Die skape word geskeer.

Voorbereid­ing van ramme. Ramme speel ’n belangrike rol in dié stelsel en word jaarliks vir vrugbaarhe­id getoets. Hul pote, testikels, tande en kondisie word ook ondersoek. Net die diere wat met wurms besmet is, word gedoseer. Elke ses maande kry die ramme ’n inenting teen bloednier, pasteurell­a en Coryne-bakterieë. Die skape word jaarliks teen bloutong en slenkdalko­ors ingeënt en jong ramme word op drie maande eenmalig vir geslagsiek­tes gespuit met Rev1.

Ooie gespons (gesinchron­iseer). Die lamstelsel draai rondom hierdie aktiwiteit. Maak vooraf seker die lamtyd is geleë, want al die ooie lam binne drie tot vyf dae uit mekaar. Die ooie bly in die klein kampies sodat die voedingsvl­ak optimaal gehou kan word.

Onttrek die sponse. Die sponse word ná 14 dae uitgehaal en die ooie word DMS (dragtigeme­rrieserum) gespuit om hulle op hitte te bring. Dit veroorsaak ’n groter

persentasi­e meerlinge by vrugbare ooie, maar kan nie ’n onvrugbare ooi of ooi in ’n swak kondisie dragtig laat word nie.

Sit ramme by. Sowat 36 uur nadat die sponse uitgehaal is, word die ramme by die ooie gesit, in ’n verhouding van een ram vir vyf tot agt ooie. Twee stelle ramme word gebruik omdat hulle elke maand werk. As ’n boer nie so baie ramme het nie, moet hy die getal ooie per ram tot vyf beperk. Die ramme bly 36 uur lank by die ooie.

Skandeer. Skandeer die ooie 40 dae later en haal dié wat nie dragtig is nie, uit. Ooie kry net een kans om oor te slaan en word dan uitgeskot.

Berei die ooie voor vir lam. Die ooie word ses weke voor lam uit die groot trop (wat elke dag in die vlei en rante wei) gehaal en in ’n klein kampie by die huis gehou. Daar word hulle op lamhokkiek­orrels aangepas om voedingspr­obleme te voorkom. Die ooie word dan ingeënt en vir wurms, veral vir neuswurm, gedoseer. Hou die ooie rustig sodat ’n sterk fetus en goeie uier kan ontwikkel vir optimale groei ná lamtyd.

Begin lam. Danksy sinchronis­asie lam al die ooie binne drie tot vyf dae in lamhokkies op dennehouts­aagsels in ’n skuur. Die hokke word vooraf ontsmet van vlieë, myte, luise en vlooie. Gedurende hierdie tyd is toesig nodig, maar so min moontlik inmenging.

Uithaal van die ooie uit die lamhokke. Die ooie bly sewe tot tien dae lank in die lamhokkies en gaan dan met hul lammers na klein kampies. Die ooie met enkelinge word eerste uitgehaal. Hierna volg die ooie met meerlinge. Net twee ooie word op ’n slag na ’n kampie geneem om seker te maak elkeen kry haar lammers.

Lammers. Die lammers kry kruipvoedi­ng in kruiphokke waar die ooie nie toegang tot hul voer het nie. Die lammers word ná vier weke die eerste keer vir lintwurms behandel en vitamien A en spooreleme­nte gedoseer. Op agt weke word hulle vir pasteurell­a, bloednier en Corynebakt­erium-infeksie gespuit. Dan word hulle gespeen. Hulle weeg dan gemiddeld 25 kg (drielinge weeg 18-22 kg). Van die sewende week af kry die ooie nie meer aanvullend­e voer nie, wat help om hulle op te droog. Hulle kry dan net veldgras (tef in die winter) en geen lek nie.

Res van die projekplan. Die ooie se program begin van voor af en hul sponsdatum word bepaal. Die lammers gaan na die voerkraal waar hulle op 12 weke weer die gebruiklik­e behandelin­gs kry, en hulle word gereeld geweeg om hulle teen die geskikte gewig van 50 kg tot 60 kg te bemark.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa