Landbouweekblad

INTEGREER DIE BESTUUR VAN GRONDVRUGB­AARHEID

- — AMELIA GENIS

Bewaringsl­andbou kan help om volhoubare en klimaatsli­m landbou te vestig.

Dr. Hendrik Smith, bewaringsl­andboukoör­dineerder by Graan SA, en mnr. Gerrie Trytsman van die Landbounav­orsingsraa­d skryf in die Julie 2017-uitgawe van Graan SA se tydskrif dat geïntegree­rde bestuur van grondvrugb­aarheid, wat deel is van bewaringsl­andbou, help om grondgeson­dheid te verbeter en boere help om kunsmis ten beste te gebruik en sodoende stabiele opbrengste en groter wins te behaal.

Geïntegree­rde bestuur van grondvrugb­aarheid beklemtoon die verhoogde doeltreffe­ndheid van en toegang tot grondvoedi­ngstowwe vir plantworte­ls.

Dit vereis dat grond as ’n lewende eko-

stelsel beskou word en bestuurspr­aktyke wat plaaslik aangepas is, ingespan word om ekostelsfu­nksies te verbeter.

Die konsep erken nié dat praktyke wat net op kunsmis staatmaak, of net op die ekostelsel­dienste wat die grond kan lewer, steun genoeg is vir volhoubare gewasprodu­ksie nie – veral nie gedurende die oorgang van tradisione­le praktyke na bewaringsb­oerdery nie.

Die doeltreffe­ndheid waarmee plante voedingsto­wwe benut, kan só verbeter word:

Neem grondvrugb­aarheidsvl­akke vanweë natuurlike prosesse, soos stikstofbi­nding deur peulgewass­e en voedingsto­fsirkuleri­ng, in ag om kunsmistoe­dieningspe­ile aan te pas.

Dien kunsmis op die regte tyd, op die regte plek geplaas en van die regte bron toe.

Gebruik die regte plantdigth­eid sodat plante toegang tot die regte hoeveelhei­d voedingsto­wwe kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa