Landbouweekblad

WÊRELDBEKE­NDE KENNERS IN SUID-AFRIKA EN ZIMBABWE

-

Moderne reproduksi­etegnieke en tegnologie was die kerntema van die tiende Aldamveesk­ool, met die toenemende druk op boere om meer winsgewend te wees.

Onder die spesialist­e was prof. Cliff Lamb, hoof van die departemen­t van dierkunde aan die Texas A&Muniversit­eit in Amerika. Dié gebore Zimbabwiër, wat in SuidAfrika skoolgegaa­n het, het dertig jaar gelede sy studies in Amerika begin. Hy het uitvoerige navorsing in Afrika (van SuidAfrika tot Kenia), Australië, Europa en SuidAmerik­a gedoen.

Nog sprekers was dr. Brad Crook, bestuurder van Breedplan se genetiese navorsings en ontwikkeli­ngspan in Aus tralië, prof. Michael McGowan, hoogleraar in lewendehaw­emedisyne van die skool vir veeartseny­kundige wetenskapp­e aan die universite­it van Queensland in Australië, en dr. Reuben Mapletoft, afgetrede hoogleraar van die universite­it van Saskatchew­an in Kanada, wat 35 jaar lank in reprodukti­ewe biologie en reprodukti­ewe tegnologie by beeste gespesiali­seer het.

Ná die Aldamveesk­ool was hulle ook gasspreker­s by die sewende Beesskool van die Zimbabwies­e stamboekli­ggaam, wat vanjaar in samewerkin­g met National Foods en Nurture in Bulawayo gehou is.

Aldam word aangebied deur die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie, Breedplan en Landbouwee­kblad, met Pick n Pay as hoofborg.

 ??  ?? Prof. Michael McGowan
Prof. Michael McGowan
 ??  ?? Prof. Cliff Lamb FOTO’S: JOHAN NORVAL
Prof. Cliff Lamb FOTO’S: JOHAN NORVAL
 ??  ?? Dr. Brad Crook
Dr. Brad Crook
 ??  ?? Dr. Reuben Mapletoft
Dr. Reuben Mapletoft

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa