Landbouweekblad

Nick Serfontein: 'Ons gaan oukei wees'

-

Cry, the beloved country .Dítishoe ’n groot deel van ons samelewing en meer spesifiek Suid-Afrikaanse boere, tans voel. En dit is iets om van te huil.

Ons word gekonfront­eer deur klimaatsto­estande en droogtes wat baie se voortbesta­an bedreig. Ons fokus word afgelei deur ’n politieke lawaai wat ons emosionele intelligen­sie daagliks toets en dit moeilik maak om nugter te dink. Terwyl ons gedreig word met grondontei­ening sonder vergoeding, is groot dele van ons platteland besig om drasties ineen te stort as gevolg van die staat se onvermoë om enigiets te laat werk. Sit hierby die klein jakkalsies aan ons hakskene in die vorm van veediefsta­l, meestal wreedaardi­g.

Só kan ons aangaan en praat oor die ekonomie, werklooshe­id, korrupsie, Eskom, SAL, die SAUK . . .

Die feit is dat ons land die afgelope tyd in ’n gevaarlike spiraal is na ’n plek waar ons nie wil wees nie. Ten spyte daarvan dat ons ontslae is van ’n Zuma, loer ons steeds oor die afgrond waarby hy ons gebring het. Die volgende ses maande gaan dit moeilik wees om van daardie afgrond weg te kom. Daar gaan tye wees dat jy voel jy is nou genoeg geskop en kan dit nie meer vat nie. Daar is baie van ons wat 2019 in die oë kyk met vrees en vertwyfeli­ng op ons gesigte. Die droogte wat ons uitmergel, die verval van ons land (niks werk nie), die onsekerhei­d, maak ons mal. Dit is verseker hel en dit gaan erger word in die dae wat kom.

Maar Winston Churchill het gesê: “As jy deur hel gaan, hou net aan beweeg, want daar is hoop.”

Elke aand wanneer ons bed toe gaan, het ons geen versekerin­g dat ons môre gaan wakker word nie. Tog het ons planne vir die volgende dag. Dit is wat ons HOOP noem. Hoop gee vir ons kalmte, vrede en krag selfs wanneer ons besef dat ons niks kan verander nie.

Ons het nog altyd gedink dinge in Suid-Afrika gaan slegter moet raak voor dit beter sal gaan, maar ons het ook gehoop ons is verkeerd. Ons het ervaar hoe ’n land van dag tot dag woedend opkook, bankrot, vol rassehaat en absolute ellende soos wat Antjie Krog dit beskryf in haar artikel “Die val van ’n fout”. Maar ek stem saam met haar. Dit moes gebeur.

Miskien moes hierdie droogte ook gebeur. Ons moes kom waar ons is en ons almal, swart en wit, moes saam afkyk oor die afgrond, want dit is tóé dat die klokkie gelui het. En nou ervaar ons hier en daar ’n welkome veranderin­g.

Wat die grondvraag­stuk betref, het ons die wonderlike veranderin­g in ons land gesien sedert Augustus in Bela-Bela met die aanbied van die grondberaa­d. Daardie tsoenami mag nie verdwyn nie.

Dit gáán weer reën en ons landbou en sy boere gáán weer opstaan, want ons het die heel beste boere op hierdie aarde. Ons gáán die grondstori­es uitsorteer en géén boer wat produktief is op sy grond, gaan sy grond verloor nie. Die probleem is kunsmatig geskep om die weerlig af te lei van die vrotsighei­d van diegene wat vir grondhervo­rming verantwoor­delik was. Die oplossings is eenvoudig en oor vyf jaar vorentoe gaan Suid-Afrika se landbou anders lyk en op ’n baie beter plek wees as vandag, want die winde van veranderin­g waai oor ons land.

Wat ons egter móét besef, is dat die probleem met grond in Suid-Afrika nie ’n witboerpro­bleem , of ’n swartboerp­robleem of ’n Regeringsp­robleem is nie. Dit is elke mens in Suid-Afrika se probleem, waaronder die korporatie­we sektor, die bankwese, die deursneeme­ns, álmal. En daar gaan opoffering­s moet wees.

Dit is nie meer business as usual nie. Ons het keuses: Óf jy kom eet saam aan die tafel óf jy beland op die spyskaart. Dit is geen dreigement nie. Dit is die realiteite, maar die mooiheid van hierdie oplossing is dat dit van Suid-Afrika ’n baie beter plek maak, vir elkeen van ons en ons nageslagte.

Ons gaan OK wees as ons move. Soos die taxi-guardjie in Antjie Krog se straat skree: “Move people! Jirre, julle moet move.” NICK SERFONTEIN Edenville

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa