Landbouweekblad

Droogte: Só lyk groter prentjie

- — NICO VAN BURICK, CARIEN KRUGER, VIDA BOOYSEN en JASPER RAATS

BOERE in die westelike dele van die land kon weens die hitte en droë toestande grotendeel­s eers vroeg in Januarie, ná die optimale planttyd, begin mielies plant, wat beteken dat hulle minder hektaar kan beplant as wat beoog is.

Luidens ’n verslag van Graan SA oor produksiet­oestande teen 7 Januarie lyk dit asof net 50% tot 60% van Noordwes se mielies teen daardie tyd aangeplant was.

Me. Petru Fourie, ekonoom by Graan SA, sê boere sou nog tot die einde van die week probeer plant.

“Na raming is net die helfte van die provinsie se sojabone geplant. Daar is nog tyd vir sonnebloma­anplanting­s, maar tot dusver lyk dit of nog net 10% tot 20% aangeplant is.”

Mnr. Boeta du Toit, uitvoerend­e hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, sê die sagte, deurdringe­nde reën sedert Nuwejaar het nie oral geval nie.

In die Molopo in die omgewing van Tosca en Vergeleë heers ramptoesta­nde.

“’n Mens kan nie glo hoe dit daar lyk nie. Beeste is maer en vrek,” sê Du Toit.

Agri Noordwes verleen droogtehul­p, maar voer is baie skaars en vervoerkos­te ’n probleem.

“Ditis’nkrisis.Voorheenhe­t veral boere van Mpumalanga voer geskenk, maar hulle moet nou die nuwe groeiseiso­en se voer vir eie gebruik hou.”

Damvlakke lyk meestal nie goed nie en ondergrond­se water is onder druk.

KOL-KOL

Fourie sê in Noordwes- en Sentraal-Vrystaat het reën sedert einde Desember kol-kol voorgekom. Boere probeer waar moontlik mielies plant.

Sy skat dat nog net 25% tot 35% van die beoogde mieliehekt­are beplant is. “Baie min sojabone en sonneblomm­e is al aangeplant, maar daar is nog tyd vir sonne- blomme as dit genoeg reën.”

Sommige boere het besluit om vanjaar eerder sojabone of sonneblomm­e te plant, of om lande te laat rus in die hoop dat sake teen die volgende planttyd beter sal lyk.

In die distrik Bultfontei­n het mnr. Paseka Pienaar van die plaas Poppieland teen 7 Januarie tussen 8 mm en 20 mm reën gehad en kon hy sojabone plant.

“Daar is kolle wat nog nie genoeg reën gehad het nie. Ons bid vir nog,” sê hy.

Baie boere in hierdie geweste plant met aangepaste planters wat 12 of meer rye op ’n slag kan plant om so vinnig as moontlik die saad in die klam grond te kry en vinniger klaar te plant in die hoop dat vroeë ryp nie die gewasse knou nie.

OPVOLGREËN NODIG

In die VKB-bedienings­gebied in die Oos-Vrystaat lyk dit of boere hul beoogde mieliehekt­are beplant het, maar sowat 70% is twee tot drie weke ná die optimale planttyd gedoen, sê Fourie.

“Gewasse trek swaar weens min grondvog en opvolgreën is uiters belangrik. Hael het kol-kol skade veroorsaak. Sonneblomm­e kan nog aangeplant word.”

In OVK se bedienings­gebied is minder mielies en sojabone aangeplant en opvolgreën is dringend nodig.

In die Noord-Kaap is daar volgens Fourie baie min grondboonh­ektare beplant weens ’n moeilike seisoen verlede jaar.

Toestande is in die algemeen baie droog. Veeboere is bekommerd oor weiding.

REËN BRING MOED

“In teenstelli­ng met die westelike dele vertoon gewasse in Mpumalanga in die algemeen baie mooi,” sê Fourie. “Die uitsonderi­ng is by Amersfoort en Morgenzon, waar droogtestr­emming ervaar word.”

Mnr. Robert Davel, uitvoerend­e hoof van Mpumalanga Land- bou, sê boere het weer moed, selfs boere wat erge hael- en stormskade gehad het.

Die hele Mpumalanga het goeie reën gekry.

Op die Hoëveld, by Hendrina, Middelburg, Stofberg en omliggende streke, was daar kort voor Kersfees erge haelstorms. Mnr. Gideon Anderson, voormalige voorsitter van Mpumalanga Landbou, boer in die omgewing en het 10% tot 100% skade aan sy somergesaa­ides op landerye van 5 000 ha gehad.

Davel sê ’n ander boer daar het 3 000 ha se aanplantin­gs verloor.

NUWE ASEM

In droëlandge­biede van Limpopo het dit sedert begin vanjaar goed gereën en boere plant volstoom mielies en sorghum. Nat lande vertraag aanplantin­gs in sommigedel­e.

Fourie sê in die noordelike besproeiin­gsgebied is daar ’n groot swaai weg van mielies en sojabone na katoen.

Volgens mnr. Dricus Botha, bestuurder van TLU SA Noord, is die meeste opgaardamm­e aansienlik voller as einde verlede jaar, en plaasdamme oor die algemeen vol.

In die Bosveld het plekke soos Marken, Marnitz en Baltimore nog reën nodig, maar verder wes, tussen Thabazimbi en Northam, het goeie reën uitgesak en kan boere weer asem skep.

Die Waterberg/Sekhukhune-gebied en die Laeveld het ook goeie reën gehad, maar in die Vhembe-distrik noord van die Soutpansbe­rg is dit steeds droog.

Fourie sê in KwaZulu-Natal wissel mielies van baie jong saailinge tot in die saadstadiu­m.

In Noord-KwaZulu-Natal (Vryheid-omgewing) lyk dit belowend, maar by Bergville en Winterton is dit baie droog. Die hele provinsie kort opvolgreën.

GAUTENG

Volgens mnr. Thinus van Zijl, uitvoerend­e hoof van Agri Gauteng, lyk oesvooruit­sigte in Gauteng nie goed nie.

In die suidwestel­ike dele, rondom Nigel, Bronkhorst­spruit en Vereenigin­g, kon sommige boere danksy die reën sedert einde Desember eers nou begin plant.

In die westelike dele het groenteboe­re vroeg in die seisoen groot haelskade gehad.

In die noorde van die provinsie het veeboere min weiding.

 ?? FOTO: WATERBERG FARMSTAY ?? Die Mogolrivie­r vloei met mening oor ’n keerwal naby Vaalwater in Limpopo ná goeie reën in Desember.
FOTO: WATERBERG FARMSTAY Die Mogolrivie­r vloei met mening oor ’n keerwal naby Vaalwater in Limpopo ná goeie reën in Desember.
 ?? FOTO: AGRI NOORDWES ?? Ramptoesta­nde heers nog in dele van die Molopo.
FOTO: AGRI NOORDWES Ramptoesta­nde heers nog in dele van die Molopo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa