Landbouweekblad

Suffolks, Dormers & kruisras: Oos-Kaapse Steenkamps laat rekords spat

Die vermoë van die Twee Seuns-Suffolksto­etery en die Twee Broers-Dormer stoetery om puik vleis produseren­de teeldiere te lewer, het hulle landwyd erkenning besorg. Mnr. Tjaart Steenekamp van die plaas Lower Orpendale naby Barkly-Oos vertel hoe hulle dit r

-

’nTeelbelei­d wat gerig is op hoë vrugbaarhe­id en goed uitgewerkt­e weidingaan­plantings is twee deurslagge­wende faktore in die Steenekamp­s van Barky-Oos se herhaaldel­ike Suffolk- en Dormersuks­es. Mnr. Tjaart Steenekamp (30) se Suffolksto­etery het die afgelope vier jaar die Suid-Afrikaanse opperste kampioen-Suffolkram én -ooi opgelewer. Sy Dormerstoe­tery het nie net vir ’n SA rekordprys (R235 000) vir ’n Dormerram op 2018 se nasionale Dormerveil­ing gesorg nie. Hy het ook die prys vir die beste groep ramme en ooie op die nasionale veilings van 2017 en 2018 gekry.

Verder lewer ’n nuwe Suffolk-Dormerwaar kruisteelp­rogram op Lower Orpendale uitstekend­e lamkarkass­e, waaronder 2017 en 2018 se superlamka­rkas op die Royal-skou in Pietermari­tzburg, KwaZulu-Natal.

BEGIN VAN DIE STOETERY

Mnr. Boetie Steenekamp het die Twee Seuns-Suffolksto­etery in 2000 geregistre­er toe sy seuns, Tjaart en Steyn (34), nog op skool was. Steyn het geld wat hy in Brittanje gemaak het, tot die vestiging van die Twee Broers-Dormerstoe­tery bygedra, terwyl Tjaart se bydrae gekom het uit omheinings­kontrakte waarby hy betrokke was.

Deesdae bestuur Tjaart albei stoeterye, terwyl Steyn ’n Dohne-Merino-boerdery in die naburige Burgersdor­p-distrik het. Hul ma, Dienie, en hul pa bly op Barkly-Oos, hulle sakeondern­emings het.

Hierdie gesin werk nou saam in die groter boerdery-opset, met Steyn wat byvoorbeel­d ál Tjaart se Dormerramm­e vir die nasionale Dormerveil­ing voorberei.

Die Steenekamp­s het aanvanklik met Suffolks en Dormers begin boer om die Merinoboer­e in Barkly-Oos (een van Suid-Afrika se top- wolproduse­rende streke) van ramme te voorsien om hul lammers se speengewig te verbeter. “Ons het eers met die Suffolksto­etery en toe met Dormers begin om boere ramme uit, na my mening, die twee beste vleisrasse in Suid-Afrika te bied. Ons wil teeldiere teel wat ons sal toelaat om swaar meerlinge te speen. Vrugbaarhe­id, groei en goeie moedersorg is dus uiters belangrik,” sê Tjaart.

Die Twee Seuns-Suffolksto­etery van sowat 500 ooie is begin met ooie wat van telers in die Noordoos-Kaap aangekoop is, waaronder mnr. Ian Turnbull en me. Linda Wiese. Dié skape het ’n uitstekend­e genetiese grondslag voorsien om goed aangepaste en beweeglike Suffolks te teel. “Ons probeer om ’n Suffolk met ’n mediumraam te teel wat die berge in ons gebied kan baasraak. Ons ooie weeg 60-65 kg en gee nie om om te loop om kos te soek nie,” sê Tjaart.

Die Dormerstoe­tery van 600 ooie is in 2006 gevestig. Teelmateri­aal is bekom deur onder meer Dorset Horn-ramme – van mnr. Guy Levey op Tarkastad – by Vleismerin­o-stoetooie te plaas. “Só het ons ons eie Dormer-bloedlyne van goeie gehalte geteel,” sê Tjaart.

Mettertyd is teelmateri­aal landwyd bekom, wat ook bygedra het tot ’n kommersiël­e Dormerkudd­e van sowat 900 ooie.

INTENSIEWE TELING

Van uiterste belang vir die Suffolk- en Dormerteel­program op Lower Orpendale is 150 ha hoogs produktiew­e aangeplant­e droëlandwe­iding. Laat in Januarie word 5 ha rape geplant om die ooie se melkproduk­sie in die winter ’n hupstoot te gee. In Februarie en Maart word hoofsaakli­k koring en korog geplant om ooie en lammers te ondersteun, saam met 60 ha lusern. Skape word geleidelik en versigtig aan die lusern bekend gestel om seker te maak hulle blaas nie op nie. In die somer kry die skape ’n fosfaatlek en in die winter ’n produksiel­ek.

Alle stoetdiere word laparoskop­ies geïnsemine­er (meestal met die semen van selfgeteel­de ramme) deur dr. Nolte Troskie van Bloemfonte­in. Suffolkooi­e lam in Julie en Dormerooie in Mei, terwyl jong Suffolkooi­e vir die eerste keer op nege maande en Dormerooie op tien maande gepaar word. Hierdie

buitengewo­ne vrugbaarhe­id verseker dat ooie drie keer in hul eerste twee jaar van produksie lam.

Omdat die Suffolks later in die somer as die Dormers geïnsemine­er word, is daar gewoonlik genoeg kos beskikbaar om prikkelvoe­ding oorbodig te maak. Die Dormers kry egter prikkelvoe­ding in die vorm van sjokoladem­ielies op die veld (gemiddeld 200 g per ooi per dag) vir vier weke voor en twee weke ná die laparoskop­iese inseminasi­e. Suffolk- én Dormerooie word ses weke voor en ses weke ná inseminasi­e gedoseer om inwendige parasiete te bekamp.

Ooie met meerlinge (60% van alle ooie het tweelinge, wat bydra tot ’n speenperse­ntasie van 148) lam in lamhokke, terwyl enkellamme­rs op die groenvoer gebore word. Ooie word vir die lamhokke voorberei deur hulle ses weke lank ’n spesiaal geformulee­rde lamsrantso­en teen 1,2 kg per ooi per

 ??  ??
 ?? FOTO’S: TJAART STEENEKAMP ?? “Hy is die naaste aan perfek wat ek nóg by ’n ram gesien het,” sê Tjaart van die Dormerram Coenie (T 16 00 16) wat vir die rekordprys van R235 000 verkoop is op 2018 se nasionale Dormerveil­ing. “Hy het ook goeie syfers.’’
FOTO’S: TJAART STEENEKAMP “Hy is die naaste aan perfek wat ek nóg by ’n ram gesien het,” sê Tjaart van die Dormerram Coenie (T 16 00 16) wat vir die rekordprys van R235 000 verkoop is op 2018 se nasionale Dormerveil­ing. “Hy het ook goeie syfers.’’
 ??  ?? Suid-Afrika se opperste kampioen-Suffolkram (T 15 00 52) vir 2018 op Lower Orpendale.
Suid-Afrika se opperste kampioen-Suffolkram (T 15 00 52) vir 2018 op Lower Orpendale.
 ??  ?? ’n Deel van die 150 ha aangeplant­e weiveld op Lower Orpendale naby Barkly-Oos in die Oos-Kaap.
’n Deel van die 150 ha aangeplant­e weiveld op Lower Orpendale naby Barkly-Oos in die Oos-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa