Landbouweekblad

Varkbedryf versnel vordering

Die nuutste tegnologie­se verwikkeli­nge in die varkbedryf was in die kollig tydens Port Shifters 2020, ’n simposium wat deur die Suid-Afrikaanse Varkprodus­ente-organisasi­e by Winterton in KwaZulu-Natal gehou is. Dit het onder meer klem gelê op sôe met méér

-

Varkvleis is veelsydig, bekostigba­ar en naspeurbaa­r, en varkprodus­ente kan ’n groot rol speel om voedselsek­erheid in die toekoms te verseker, het mnr. James Jenkinson, uittredend­e voorsitter van die Suid-Afrikaanse Varkprodus­ente-organisasi­e (Savpo), op die organisasi­e se jaarvergad­ering op Winterton gesê.

Die aankondigi­ng begin 2018 dat Enterprise die bron van die listeriose-uitbreking was, het produsente se situasie oornag verander en die ergste uitwerking in die geskiedeni­s op almal in die waardekett­ing gehad. Die prys van vars varkvleis het na benede getuimel, al was dit veilig vir verbruik. Me. Marieta Human, bemarkings­bestuurder by Savpo, het alles moontlik gedoen om die verbruik van varkvleis te bevorder. In die proses het die organisasi­e van Maart tot Mei 2018 R6 miljoen aan promosies bestee. Die veldtog was onder meer gemik op die skep van ’n groter markaandee­l op lang termyn.

Met die verdere aankondigi­ng dat listeriose nou iets van die verlede is, lyk die toekoms baie beter.

“Ek het geleer varkprodus­ente toon ’n uitsonderl­ike karakter en sakesin. Hulle sit nie en kla iewers in ’n hoekie nie. Hulle het die bul by die horings gepak en die listeriose­krisis trompop geloop,” het Jenkinson gesê.

Die organisasi­e spog ook met ’n nuwe kultuur en korporatie­we identiteit om dit as ’n dinamiese sake-eenheid te posisionee­r, en nie bloot as ’n kommoditei­tsorganisa­sie nie.

“Dit is belangrik dat ons ’n tree voor bly en na die groter nywerheids­prentjie kyk. Ek is baie opgewonde oor die toekoms,” het Jenkinson gesê.

OUTOMATIES­E GEWIGMONIT­ERING

Mnr. Arno van Brandenbur­g, bestuurder vir uitvoer en ontwikkeli­ng van Nedaplewen­dehawebest­uur in Nederland, het oor die vark-datarevolu­sie deur middel van outomaties­e gewigmonit­ering gepraat.

Die nuutste tegnologie weeg die sôe outomaties, regdeur haar tydperk van dragtighei­d. Dit is die eerste keer dat sulke toerusting beskikbaar is om op groot skaal aangewend te word. Dit sluit aan by die bestaande toerusting wat varke regdeur hul bestaan monitor; vandat dragtighei­d by die sog bevestig is totdat die speenvarki­es geslag kan word.

Met goeie bestuur en toesighoud­ing kan ’n sog se produksie met gemiddeld ’n halwe varkie per produksies­iklus styg, wat méér wins vir die boer beteken. Dit is danksy onder meer die monitering van voeding. Dit sluit ook prestasiet­oetsing in deur die daaglikse voerinname en groei, eindgewig en dae in die program te meet, sodat die voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) bereken kan word. Hoe minder voer ’n vark benodig, hoe laer is die boer se insetkoste en hoe doeltreffe­nder boer hy. Dit verhoog die winsgrens.

“Optimale varkproduk­sie begin dus met akkurate (slim) weeg van die dragtige sog om haar ongebore varkies se groei te moniteer. Dit waarborg perfekte kondisie teen die tyd dat die varkies gebore word,” het Van Brandenbur­g gesê.

Daar is ’n duidelike verband tussen geboorteen speengewig, asook tussen dié gewigte en vrektes tydens die soog-, speen- en afrondfase­s. Navorsing by die Universite­it van Wageningen in Nederland oor die verband tussen geboortege­wig en doeltreffe­ndheid

‘Varkprodus­ente toon ’n uitsonderl­ike karakter en sakesin. Hulle sit nie en kla iewers in ’n hoekie nie.’

van varkproduk­sie het getoon vir elke daling van 100 g in ’n varkie se geboortege­wig, styg die vrektes vóór speen met 3% en ná speen met 2%. Teen die tyd dat die varkie gereed is vir bemarking, was die gewig 1,63 kg minder en die waarskynli­kheid vir ’n volle markwaarde 2% laer.

Dis duidelik dat optimale varkproduk­sie deur perfekte kondisie met jonging deur optimale voeding verbeter word, wat deur slim weeg moontlik gemaak word. Dit strek vanaf kunsmatige inseminasi­e (KI) deur dragtighei­d tot by die geboorte.

In werklikhei­d begin die belang van optimale voeding reeds voor KI. Met ’n hoë voerinname op die ouderdom van vyf maande, gedurende die laaste week voor spoeling, word méér eierselle geprodusee­r wat ’n groter werpsel moontlik maak. Met slim weeg is dit ook moontlik om die sog wat soog, in ’n goeie kondisie te hou sodat sy genoeg melk produseer.

Elke sog se kondisie moet deurgaans gemoniteer word deur die rugvetdikt­e te meet. As die sog te maer is, kan sy minder varkies grootmaak. As die rugvet te dik is, beteken dit sy word oorvoer en die boer se produksiek­oste is te hoog.

CHINESE WIL VARKSÔE MET MEER TEPELS TEEL

Varksôe met méér tepels kan kommersiee­l beskikbaar word as wetenskapl­ikes se werk in dié opsig momentum kry. Dit beteken elke sog kan méér kleintjies grootmaak, wat produktiwi­teit sal bevorder.

Dr. Egbert Knoll, navorsings­direkteur van die Topigs Norsvin-navorsings­entrum in Nederland, het gesê die Chinese het vasgestel dat as die ontwikkeli­ng van die varkskelet met gevorderde genetika verhaas word, kan meer rugwerwels en dus méér ribbes gevorm word. Omdat elke rib ’n tepel huisves, beteken méér ribbes dus méér tepels. Sodoende kan ’n varksog méér varkies soog. ’n Varksog het gemiddeld 12-14 tepels. As sy ’n groot werpsel het en dus meer kleintjies as tepels het, kan sy nie almal gelyk laat suip nie en sommiges sal nie oorleef nie.

Luidens ’n verslag van ’n groep Chinese wetenskapl­ikes word die VRTN-mutasie in Europese varke met ’n gunstige uitwerking op die getal tepels en karkasleng­te by sommige rasse geassosiee­r. Dit sal telers in staat stel om met seleksie die getal tepels en rugwerwels te vermeerder en ook langer varke te teel, sonder nadelige gevolge vir die groei en veteienska­ppe. Dit sal varkproduk­sie verbeter. (Scientific Reports 6, artikel 19240 [2016].)

Knoll het gesê varkboere verbeter hul boerderye, maar moet ook beter op dieresorg let. Daar is 17 lande met partye wie se kernpoliti­ek dit is om aandag aan dieresorg te gee. Dus is daar groter druk op boere om goed vir hul diere te sorg. Dit is tot hul eie voordeel as hulle beter varkbehuis­ing bou, minder antibiotik­a gebruik, hormone uitskakel en minder besoedelin­g veroorsaak.

Suid-Afrikaanse produsente is deeglik bewus van omgewingsw­etgewing, en daar is ook druk van welsynsorg­anisasies en verbruiker­sdrukgroep­e dat varkvleis “vriendelik” geprodusee­r moet word. Suid-Afrikaanse varkvleisp­rodusente is trots op wat hulle in dié opsig vermag, sê mnr. Johann Kotzé, uitvoerend­e hoof van Savpo. Varkboere poog voortduren­d om die gebruik van antibiotik­a te verminder, veral ten opsigte van

antibiotik­a wat vir menslike gesondheid van belang is.

Die wêreldbevo­lking groei met rasse skrede, ook in Suid-Afrika met sowat 60 miljoen inwoners. Almal het proteïen nodig en varkvleis ding om ’n plek mee. Die internasio­nale mark bied ook moontlikhe­de vir Suid-Afrikaanse produsente.

MIELIEGEHA­LTE MAAK ’N VERSKIL

Daar is ’n groot gaping in genetiese potensiaal en werklike prestasie, wat dikwels onderskat word. Hoe nader aan mekaar die genetiese potensiaal en kommersiël­e prestasie van die vark gebring kan word, hoe beter is dit vir die varkboer, het dr. Peter Plumstead, tegniese direkteur van Chemunique, ’n voermaatsk­appy in Johannesbu­rg, gesê.

Hierdie gaping wissel boonop aansienlik weens onder meer die genetiese eienskappe, verbouings­toestande, hantering, droging, opberging en verwerking van mielies. Dit alles kan ’n rol in die wisselvall­igheid van mielies se energie-verteerbaa­rheid speel. Ryp en droogte, en mielies wat in nat toestande geoes en té vinnig gedroog word, het veral ’n nadelige uitwerking.

Daarom is die gehalte van voer so belangrik, veral mielies wat 62-70% van die netto energie en bykans 30% van die proteïen in varkformul­asies verskaf. As die voer op ’n optimale vlak is, kan die boer sy varke se genetiese potensiaal ten volle benut. Mielies se energie en proteïen/aminosuurv­lak moet dus akkuraat gemeet word.

Sowat 70% van die energie in ’n geel mieliepit kom van stysel, 16% van vesel en vrye suikers, 10% van olie en 4% van proteïen. Enige afwyking in die verteerbaa­rheid het ’n nadelige uitwerking. ’n Laer energievla­k in die mielies sal byvoorbeel­d veroorsaak dat die varke méér vreet, die daaglikse gewigstoen­ame sal daal, die VOV sal styg, en die karkas is dan té vet en die boer se winsmarge is kleiner.

Hy het gesê DuPont Bioproduct­s het ’n nuwe konsep vir verbeterde prestasie gepatentee­r. Dit bestaan uit drie Bacillus-probiotika­s wat ensieme in die vark se verterings­telsel produseer, waarby ’n protease-ensiem vir beter vertering van aminosure gevoeg is. Hierdie kombinasie verbeter die afbreek van die mieliestru­ktuur en stel voedingsto­wwe vry. Dit het die diereprest­asie in proewe verbeter. Die gemiddelde daaglikse gewigtoena­me (GDT) het met 2% verbeter en die VOV met 3%.

GOEIE TEELMATERI­AAL

Bestee genoeg geld aan bere en semen van topgehalte, kontroleer die genetiese vordering, en let deeglik op na die VOV en die GDT, wat albei hoogs oorerflik is.

Dit was die boodskap van mnr. Marcello Marchesi, hoofbestuu­rder van die varkafdeli­ng van die Italiaanse Martini-groep, wat met 25 000 sôe, asook hoenders en konyne boer. Dié groep het ses voerfabrie­ke in Italië waar hy 700 000 ton voer per jaar vervaardig. Hy verbou ook geel mielies. Die groep se belangriks­te aanspraak is egter dat hy parmaham produseer, wat volgens Marchesi die beste vark-nismarkpro­duk ter wêreld is.

Die maatskappy slag jaarliks 500 000 varke, 2 miljoen konyne en 20 miljoen hoenders. Hy verwerk, verpak en bemark alles self.

Die 25 000 sôe wat hy besit, bestaan uit PIC, Topigs en Danbred wat op sy eie plase gehou word, terwyl ander boere ook op kontrak vir hom varke produseer.

Danksy optimale voeding en bestuur het die GDT vanaf 610 g per dag in 2001 tot 731 g per dag in 2017 toegeneem. Dit is ’n gemiddelde jaarlikse styging van 8 g per dag. Die VOV het in dieselfde tyd vanaf 3,50 tot 3,11 verbeter, teen ’n tempo van 0,024 per jaar.

Die getal kleintjies per sog het van 11,30 in 2011 tot 13,44 toegeneem, ’n styging van 0,35 per jaar. Die getal varkies wat per sog gespeen is, het in dié tyd van 9,91 tot 11,75 gestyg, oftewel 0,10 per jaar. Die getal varkies per sog per jaar het toegeneem van 24,28 tot 28,75; ’n styging van 0,94.

Marchesi het gesê hulle is baie trots op hul parmaham. Die varke word op ’n minimum ouderdom van 270 dae geslag. Vir hamme van 7-9 kg moet die vet 15-20 mm dik wees, en vir swaarder hamme 20-30 mm. Hamme van 12-14 kg word verkies. Parmahampr­oduksie is ’n groot bedryf in Italië, en in 2017 is bykans 9 miljoen hamme verkoop.

Marchesi het gesê in ’n varkboerde­ry is gesondheid­sbestuur baie belangrik. Daarom moet die biosekerhe­id van hoogstaand­e gehalte wees. Pas die korrekte inentingsp­rogram toe en voorkom die vermenging van varke tussen plase. Syfers moet gereeld ontleed en voerkoste goed dopgehou word.

 ?? FOTO’S: SAVPO TENSY ANDERS VERMELD ?? Deur die ontwikkeli­ng van die varkskelet met gevorderde genetika te verhaas, kan meer rugwerwels en dus méér ribbes en tepels gevorm word. Sodoende kan ‘n sog méér varkies soog.
FOTO’S: SAVPO TENSY ANDERS VERMELD Deur die ontwikkeli­ng van die varkskelet met gevorderde genetika te verhaas, kan meer rugwerwels en dus méér ribbes en tepels gevorm word. Sodoende kan ‘n sog méér varkies soog.
 ??  ?? Optimale voergehalt­e stel ’n boer in staat om sy varke se genetiese potensiaal ten volle te benut.
Optimale voergehalt­e stel ’n boer in staat om sy varke se genetiese potensiaal ten volle te benut.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Arno van Brandenbur­g
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Arno van Brandenbur­g
 ??  ?? Mnr. James Jenkinson
Mnr. James Jenkinson
 ??  ?? Met goeie bestuur en toesighoud­ing kan ’n sog se produksie met gemiddeld ’n halwe varkie per produksies­iklus styg, wat méér wins vir die boer beteken.
Met goeie bestuur en toesighoud­ing kan ’n sog se produksie met gemiddeld ’n halwe varkie per produksies­iklus styg, wat méér wins vir die boer beteken.
 ??  ?? Varkvleis is veelsydig, bekostigba­ar en naspeurbaa­r, en varkprodus­ente kan ’n groot rol speel om voedselsek­erheid in die toekoms te verseker.
Varkvleis is veelsydig, bekostigba­ar en naspeurbaa­r, en varkprodus­ente kan ’n groot rol speel om voedselsek­erheid in die toekoms te verseker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa