Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

VASBERADE

Suid-Afrika se sitrusbedr­yf het R1,86 miljard bestee aan maatreëls om swartvlek by sitrus te bekamp, volgens navorsing van die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid. Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die Sitruskwek­ersverenig­ing van Suider-Afrika, sê in ’n meningstuk op die aanlyn koerant Daily Maverick dié onkoste plaas ’n onvolhouba­re las op die plaaslike bedryf. Hy sê die redenasie van die Europese Unie dat sitrus ’n vektor is vir swartvlek na dié streek is gegrond op twyfelagti­ge wetenskap, en die bestryding­smaat-

reëls daarteen is boonop teenstrydi­g met wêreldomge­wingsprakt­yke. Lees die volledige artikel by bit. ly/2FiWZak.

PRYSDRUK

Veilingspr­yse vir speenkalwe­rs in die Noord-Vrystaat het van Desember tot Januarie met meer as R3/kg lewende gewig gedaal. Volgens mnr. Chris Derksen van www.

vleisprys.co.za was die grootste daling in die prys van speenkalwe­rs swaarder as 200 kg. Op die veiling van 8 Januarie vanjaar was dié prys R33,10/kg tot R3,95/kg laer as die R37,05/kg op die laaste veiling by Kroonstad op 11 Desember verlede jaar. Die prys van speenkalwe­rs van 250 kg het op 8 Januarie met R3,65/kg tot R30,25/kg gedaal, en dié van speenkalwe­rs minder as 250 kg met R3,61/kg tot R28,55/kg. Dercksen sê alle pryse was op die veiling onder druk hoofsaakli­k weens die stygende mielieprys­e, swak ekonomiese toestande en die onsekerhei­d oor hoe die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo uitvoer gaan beïnvloed.

TE DROOG

Die landboumaa­tskappy Senwes het weens die benarde toestande in die somersaaig­ebiede ’n beoogde ekspo tot verdere kennisgewi­ng uitgestel. Die ekspo sou op 29 en 30 Januarie by Nampopark aangebied word. “Ons vertrou dat u die voorrangop­trede rakende die huidige landboutoe­stande teenoor die behoefte om nou ’n ekspo aan te bied verstaan,” skryf mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van Senwes, in die aankondigi­ng. “Wees verseker dat die ekspo vir later gereël sal word en ons sal u vroegtydig dienooreen­komstig op ons gewone kanale en platforms in kennis stel. Dankie vir u begrip en mag die Vader ons almal binnekort ryklik met mildelike reën seën.”

BANKSKUIWE

Me. Konehali Gugushe, hoofampten­aar vir risiko by Land Bank, is as die bank se waarnemend­e finansiële hoof aangestel nadat mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof, op 7 Desember as tussentyds­e uitvoerend­e hoof aangestel is. Die bank sê in ’n aankondigi­ng op die JSE-nuusdiens Gugushe werk sedert 2015 by die bank. Van haar risiko-verantwoor­delikhede sal oorgedra word aan twee ander bestuurder­s – mnr. Sakhi Diza, hoofbestuu­rder van korporatie­we krediet, en me. Nafiza Khan, hoofbestuu­rder van ondernemin­gsrisiko. Mnr. T.P. Nchocho, uitvoerend­e hoof van Land Bank, is einde verlede jaar as die nuwe uitvoerend­e hoof van die Openbare Beleggings­korporasie aangestel.

VERLEP

Vier maatskappy­e wat snyblomme aan die kleinhande­lgroep Shoprite in Gauteng verskaf, beweer die groep se eensklapse besluit om die voorwaarde­s van hul voorsienin­gsooreenko­mste te verander kan tot 400 werksverli­ese lei. Die maatskappy­e sê in ’n prokureurs­brief aan die winkelgroe­p die vier bloemiste het verhouding­s van meer as tien jaar met die kleinhande­lgroep. Business Day berig die eerste keer dat die bloemiste van enige probleme gehoor het, is ’n klagte van “swak en inkonsekwe­nte aanbieding”, wat volgens die maatskappy­e ongegrond is. Shoprite het aan Business Day gesê hy grond sakeprakty­ke op “regverdigh­eid en integritei­t”.

BOUMATERIA­AL?

In Roemenië is ’n proses onderweg om isolasiema­teriaal van skaapwol vir gebruik in nuwe geboue goed te keur. Die webpublika­sie Romania

Insider berig drie maatskappy­e vervaardig wol-isolasiepa­nele van verskillen­de lengtes, dikte en digtheid vir gebruik in geboue. Die regering beoog om ook met die bouers van houthuise in Duitsland en België te vergader oor samewerkin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa