Landbouweekblad

Traangasbo­m troef diewe

- — JOHAN VAN DER MERWE

WAS dit nie vir ’n traangasbo­m en selfoon-alarm in sy reeds gepantserd­e pomphuis nie, was mnr. Rudi Engelke, ’n groenteboe­r by Kraaifonte­in buite Kaapstad, nou sy 22,5 kW-waterpomp en elektriese motor kwyt.

Tog is hy steeds R80 000 armer omdat die misdadiger­s ook ’n gat in die muur van die pomphuis gekap en die staalhek oopgeknip het. Hy moes gevolglik vier veiligheid­swagte aanstel om die pomphuis twee dae lank op te pas sodat besproeiin­g kon voortgaan, omdat hy die twee dae ná die aanval niemand kon kry om die skade te herstel nie.

Engelke moes ook vir twee maande agt veiligheid­swagte teen R10 000 per maand per wag aanstel om sy 25 ha aartappels op te pas.

“Ons kontant het opgeraak en ons moes die wagte laat gaan. Daardie aand is minstens drie ton aartappels deur nagenoeg 16 mans gesteel wat oor ons muur geklim het,” sê hy. Die aartappelp­rys was op daardie stadium ongeveer R8/kg, en gevolglik beloop dié verlies meer as R20 000.

MOORD

Vroeër die vakansie, op 16 Desember, is mnr. Nicolaas Strydom, ’n werker by die Kleinensor­gen-boerdery van mnr. Johan Terblanche in Philippi op die Kaapse Vlakte, doodgeskie­t nadat 12 mans die plaas aangeval en kontant geëis het.

Die gemeenskap kry tans selfverded­igingsople­iding, wat die hantering van vuurwapens insluit. Kinders en plaaswerke­rs word ook betrek.

Volgens mnr. Gunther Engelke, voorsitter van die Philippi-boereveren­iging, laat die huidige situasie hulle geen ander keuse nie. “Die misdadiger­s word nie meer deur wetstoepas­sers afgeskrik nie. Hulle steel net wat hulle wil en respekteer geen grense of privaathei­d nie. Politieke uitsprake wat verdeeldhe­id en onstabilit­eit aanhits, help ook nie.”

STAAN EERDER SAAM

Gunther glo dié byna onhoudbare situasie kan verander indien alle gemeenskap­slede saamstaan. Die verdeeldhe­id tussen rasse wat tans deur politieke leiers aangehits word, moet eerder tussen wetsgehoor­same burgers en misdadiger­s ingespan word, het hy tydens ’n gemeenskap­sveilighei­dsvergader­ing in Desember gesê. Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van gemeenskap­sveilighei­d, het die vergaderin­g bygewoon en onderneem om die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns te nader om die aantal polisieled­e in Philippi te vermeerder en ’n satellietp­olisiekant­oor op te rig om sigbare polisiërin­g te verhoog.

Lt.kol. André Traut, WesKaapse polisiewoo­rdvoerder, sê polisiebea­mptes word volgens misdaadnei­gings en plaaslike behoeftes ontplooi. Opleiding in basiese selfverded­iging en wat om in noodsituas­ies te doen, kan goed te pas kom en word aangemoedi­g.

 ?? FOTO'S: VERSKAF ?? Booswigte het ’n gat in die muur van ’n gepantserd­e pomphuis gekap én ’n staalhek oopgeknip voor ’n traangasbo­m hulle die aftog laat blaas het.
FOTO'S: VERSKAF Booswigte het ’n gat in die muur van ’n gepantserd­e pomphuis gekap én ’n staalhek oopgeknip voor ’n traangasbo­m hulle die aftog laat blaas het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa